“Wonderwerk” ná seuntjie 8m ver val

Foto: Google Street View

ʼn Driejarige seuntjie is ongedeerd nadat hy Donderdag agt meter ver geval het by ʼn Johannesburgse-winkelsentrum.

“Dis ʼn wonderwerk,” het die seun se pa, George Asvestis, aan The Star gesê. “Ek het dit gesien. As ʼn ouer het ek die ergste verwag.” Die koerant berig dat Asvestis Donderdagoggend foto’s ontwikkel het by Bedford-winkelsentrum toe sy seun, Stefano, deur ʼn gaping tussen trapleunings geval het. Stefano het sowat agt meter ver geval en op sy maag naby ʼn koffiewinkel geland. Stefano is deur ʼn dokter behandel en het geen ernstige beserings of ʼn enkele gebreekte been opgedoen nie. Asvestis sê niemand van die sentrum se bestuur het hom al in verband met die voorval gekontak nie. Debbie Sharnock, bestuurder van die winkelsentrum, het aan The Star gesê dat sy bly is die kind is ongedeerd. “Die saak word ondersoek maar die prioriteit is die welstand van die kind en sy pa. Dit is ʼn absolute wonderwerk dat hy ongedeerd is.” Sharnock sê sy sal in ʼn beter posisie wees om kommentaar te lewer wanneer sy al die besonderhede rondom die voorval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.