Woolies herroep sandale

Die sandale wat herroep word. Foto: woolworths.co.za

Die sandale wat herroep word. Foto: woolworths.co.za

Woolworths het Woensdag ʼn foutiewe reeks sandale herroep, nadat twee mense beseer is.

“Ons herroep een van ons reeks somersandale weens kommer oor ons klante se veiligheid,” het Brett Kaplan, die besturende direkteur van klere en algemene handelsware van Woolworths, in ʼn verklaring gesê. “Daar is ʼn metaalstrokie met skerp kante wat oor die voet strek en beserings kan veroorsaak,” het hy gesê. Die twee mense wat tot dusver beseer is, se voete is gesny.

Hy het gesê al die sandale in dié reeks is reeds van die winkelrakke verwyder.

Hy het ʼn beroep gedoen op klante wat reeds die sandale aangeskaf het om dit na die winkel terug te neem waar dit gekoop is, vir ʼn volle terugbetaling. Die betrokke sandale is wit, swart en bruin en die stylnommer is 502051096. Die stylnommer kan onder die voetbandjie gesien word.

Kaplan het om verskoning gevra vir die ongerief wat dit aan hul klante kan veroorsaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.