Woolworths moet poste vir alle rasgroepe oopstel, sê Solidariteit

Dirk Hermann

Die vakbond Solidariteit gaan Woensdag om 12:00 met ʼn openbare veldtog teen Woolworths begin, indien die groep nie advertensies vir poste, waarvoor slegs swart kandidate oorweeg sal word, terugtrek nie. Die veldtog sal grootliks op sosiale media gevoer word.

Solidariteit het Dinsdag in ʼn brief aan Woolworths geëis dat die groep advertensies van poste, wat uitsluitlik vir “swart Afrikane” of slegs “Afrikane, kleurlinge en Indiërs” oop is, wysig sodat mense van alle rasgroepe daarvoor oorweeg sal word. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het in sy brief aan Woolworths geëis dat die groep die posadvertensies voor Woensdag 12:00 wysig. Hermann het aan Woolworths gesê dat sy toepassing van die Wet op Gelyke Indiensneming nie korrek is nie en neerkom op onbillike diskriminasie.

“Die Wet op Gelyke Indiensneming maak nie voorsiening vir die uitsluiting van enige ras wanneer dit kom by aansoeke nie. Hierdie advertensies kom neer op ʼn absolute kwota, wat die wet doelbewus verbied. Die vakbond het ʼn beroep gedoen op Woolworths om sy interne beleid van regstellende aksie te hersien sodat dit nie onbillik teen huidige of voornemende werknemers van enige rasgroep diskrimineer nie.” Volgens Solidariteit laat die wet nie sodanige diskriminasie toe nie, en gaan die openbare mening ook nie sulke diskriminasie toelaat nie.

Om Woolworths se advertensie van ʼn pos wat slegs vir “swart Afrikane” oop is te besigtig, klik hier of klik hier vir ʼn afskrif wat vroeër van die bladsy gemaak is.

Om Woolworths se advertensie van ʼn pos wat slegs vir “slegs vir Afrikane, kleurlinge en Indiërs” oop is te besigtig, klik hier of klik hier vir ʼn afskrif wat vroeër van die bladsy gemaak is.

Om Solidariteit se brief aan Woolworths te lees, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.