Woolworths pak-en-spaander-aksies neem toe

Die protesaksie op sosiale media waar verskeie groepe mense versoek het om, as deel van die boikot teen Woolworths, waentjies te pak en dan te spaander, het oor die naweek toegeneem.

“Die vakbond Solidariteit se veldtog teen Woolworths het onder meer protesboodskappe aan Ian Moir, die uitvoerende hoof van Woolworths, ingesluit en is grootliks op sosiale media gedryf. Ondersteuners van die veldtog het egter spontaan ander inisiatiewe op sosiale media gedryf waar daar gevra is dat mense trollies pak en dit dan daar in die winkel los of Woolworths boikot,” het Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, Maandag gesê. Solidariteit het glad nie die protesaksie van stapel gestuur nie, het dit nooit voorgestel nie en het nooit eienaarskap daarvoor aanvaar nie.

Op verskeie Facebook-groepe en Twitter is mense versoek om waentjies vol kruideniersware te pak en dan die volgepakte waentjie net daar in die winkel te los.

Woolworths word sedert verlede week oor die kole gehaal oor posadvertensies wat sekere rasgroepe uitsluit. Woolworths adverteer poste, wat uitsluitlik vir “swart Afrikane” of slegs “Afrikane, bruin mense en Indiërs” oop is. Woolworths beklemtoon egter dat hulle nie rassisties optree nie en dat hulle steeds mense van alle rasse in verskillende poste aanstel. Sien hul verklaring hier.

Maroela Media het verlede Donderdag berig dat Woolworths in Rustenburg een van die eerste teikens van dié protesaksie was. Die volgende versoek doen die rondte in die kuberruimte: “Gaan pak julle  waentjies VOL kruideniersware by Woolworths en los dit dan net so op die vloer … Pak sommer al die goed in wat jy in elk geval nie kan bekostig nie  )) Dis hoeka amper naweek! Lekker “shop!” [sic]

Die versoek, wat soos ʼn veldbrand versprei het, se intensiteit het die naweek toegeneem en berigte van soortgelyke protesaksies by Woolworths-takke in onder andere Nelspruit, Krugersdorp en Durbanville word aangemeld.

ʼn Persoon wat hieraan deelgeneem het sê: “Ek en my kinders het Vrydag gepak van die rak. Net daarna twee ander ouens gekry om ons voorbeeld te volg. Almal dink dis vet pret. Ons gaan weer!

Nog ʼn ondersteuners wat dit gedoen het, is Saterdag uit ʼn Woolworths-tak in Durbanville belet. “Die veiligheidswag by die waentjies sê vir mense dat hulle self die items sal moet terugpak waarvoor daar nie betaal word nie. Ek het my waentjie vol gemaak en ‘probeer’ om by die toonbank te betaal met my debietkaart wat reeds verval het. Toe die transaksie nie deurgaan nie, het ek geskerts ‘my geld is seker te wit vir julle’ en probeer uitstap. Die wag het my by die deur voorgekeer en versoek om die goedere terug te pak. Ek het geweier. Die bestuurder was ook daar en het vir my gesê ek is nie meer by die winkel welkom nie,” het die man gesê. Die name van dié persone is aan Maroela Media bekend, maar word weerhou om hul identiteit te beskerm.

Woolworths het Sondag advertensies in verskeie koerante geplaas waarin die groep sy indiensnemingsbeleid verdedig.

“Oor die afgelope paar dae is daar baie dinge gesê oor ons indiensnemingsbeleid – spesifiek dat ons nie wit mense aanstel nie. Dit is nie waar nie,” lui die advertensie wat in City Press, Rapport en Sunday Times gepubliseer is. “Woolworths stel wit mense aan. Ons stel vroue en mans van alle rasgroepe – wit, swart, bruin mense, Indiërs sowel as mense met gestremdhede aan en sal voortgaan om dit te doen.”

Woolworths het in Sondag se advertensie aangevoer dat daar sekere dele van sy besigheid is wat onderverteenwoordig is. Woolworths sê dit is in dié afdelings wat hy kandidate van sekere rasgroepe benodig.

Woolworths het Maandag aan Maroela Media gesê sommige kliënte het oor die voorvalle navraag gedoen en dat hulle dit hanteer het. “Indien soortgelyke optredes in kriminele misdrywe ontaard, sal die nodige owerhede in kennis gestel word om dit te hanteer,” het Woolworths bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Clifford ·

Goed gedaan! Nou kan ons weer ons debietkaarte gebruik wat reeds verval het as verskoning.

Andrew Olsen ·

Is dit nou ons as Afrikaners grootgemaak is?! Ek het eerlikwaar gedink ons is beter as dit, maar die “pak-en-spat” veldtog is nou super kinderagtig…. Hoe sal jy voel as iemand in jou winkel instap (waat jy byvoorbeeld slegs bruin mense of slegs blankes in diens neem) en dit met jou doen? Jy gaan nie net terugstaan soos die mense in Woolworths en verlief darmee neem, sug en maar weer die kruideniersware terug sit op die rakke nie, nee, jy gaan n hengse bohaai opskop!

Wat het geword van vreeedsame protes? Sou Solidariteit die tipe gedrag ooit goedkeur, en indien dit wel die geval is, skort daar iets met Solidariteit se opvoeding ook…

Kom ons kyk of ons dan nie liewer ‘n vreedsame massa-optog kan hou voor ‘n winkel or in ‘n inkopsiesentrum se parkeerarea nie? Hoekom moet ons nou as blankes, en Afrikaners veral so laag daal en onsself aan sulke swak barbaarse gedrag skuldig maak? Is dit waarvoor ons grootouers in die Anglo-Boere oorlog geveg het – vryheid en dan tree jy sommer barbaars ook op?

Marius ·

Ons het vir te lank gedissiplineer protes aangeteken. Ek het ‘n goeie opvoeding ontvang en kan onderskei tussen goed en kwaad, reg en verkeerd ensovoorts, maar tog het ek hierdie onblusbare-lus om ook ‘n trollie vol goedjies te gaan pak om vir Woolies ‘n les te leer.

Nico ·

Watter vreedsame betoging, optog of watookal deur die Blankes het enigsins vrugte afgewerp? Kan jy net een goeie voorbeeld gee seblief? Elke enkele optog deur Blankes en spesifiek Afrikaansspekendes is afgemaak as niksseggend en nietig. Die pers het nog elke optog in n grappie omgetower en daarin geslaag om ons soos gekke te laat lyk. Waaroor kla ons dan? Daar word nie boere doodgemaak nie. Dis gewone rooftogte waar kinders op die grond le en dan doodgeskiet word vir selfone. Hierdie is ons manier om iemnd te laat regop sit en luister. Hierdie is ons manier om die slappes onder ons te laat sien daar kan iets gedoen word. Al is dit nou net trollies pak. Maar weereens is dit die rugraatloses wat agter hulle rekenaarskerms wegkruip en kritiseer. Seker maar jaloers dat dit nie hulle idee was nie? Ons sal julle vergewe as julle net wil opstaan en saamwerk. Hierdie protes het regtig gewerk want skielik is daar baie reaksie. Woolies se aandele is besig om te val en dit dwing die gieriges om te praat. 5% is nogal baie.

Bennie ·

Andrew geen vreedsame protes het al ooit gewerk nie.As jy dit nie weet nie gan lees dit op in die argiewe.In ons geskiedenis sal jy dit sien. Maar ja daar is altyd die wat dink dis kinderagtig In die Boere oorlog was julle HENSOPPERS genoem.Oorgeloop na die vyand en julle eie mense verraai!

frank ·

Sekere Afrikaners sal seker ook vrywilliglik sterf uit ordentlikheid…

Ronel ·

Ek dink dit doen geen skade nie, ja ‘n bietjie kinderagtig maar dis beter as om winkels af te breek en goed afte brand, Niemand word beseer in die protes nie en goed word ook nie beskadig nie. Dit skep eintlik werk. want die een wat heeldag gestaan en niks doen het nie moet nou trollies uitpak… LOL

Susan ·

Ronel,
Ek stem saam met jou. Oral hoor jy van werk skepping, maar niks word regtig gedoen nie.
Ek was gedurende die naweek by Woolworths in Centurion, Menlyn, Brooklyn en in Hillcrest se Food store.
Geen wit personeel lid is enigsins sigbaar nie.

Gustav Venter ·

Nee, dis nie kinderagtig nie. ‘n Kind sit terug en doen niks wanneer hy deur onreg gekonfronteer word. As die blankes nie hulle hakke inkap nie, gaan die gevolge op die land baie meer rampspoedig wees. SEB kan net vernietig en dit hang van goeie mense af om dit te stuit. En goeie mense kan begin deur trollies te pak en te los.

Paul ·

Hoe is die moedswillige uitpak van bederfbare kos uit yskaste anders as mense wat breek en mors wanneer gestaak word?

Gustav Venter ·

Bederfbare kos kan weer terug gepak word. Geen skade is gely. Al wat gebeur is, is dat keelvol mense ‘n geldige beswaar op ‘n ordentlike manier laat registreer het. Dis die beskaafde manier; die blanke manier.

Daar is ‘n ander manier. Brand karre uit en, terwyl jy besig is, halssnoer sommer jou buurman.

En dit, Paul, is een ooglopende manier hoe die twee style van optrede verskil.

Maar jy was seker nie ernstig toe jy die vraag gevra het nie, né?

Paul ·

Die koueketting word gebreek as bederfbare kos uit di yskaste/vrieskaste gehaal word. As jy al in so ‘n omgewing gewerk het, sou jy weet dat dit skadelik is selfs al is dit nie met die eerste oogopslag sigbaar nie.
Swak styl.

Bennie ·

En ons wat nie werk kry nie is nie skadelik nie? Paul word wakker of kruip jy gat vir n job by Woolies?

Brenda ·

Ja, Paul, jy is heeeeeeltemal REG!!! Hoekom wil jy dan he rasdiskriminasie, wat in die ou bedeling mos nie reg was nie???, moet nou weeeer toegepas word??

Paul ·

En nou lê jy woorde in my mond, Brenda. Dis nie hoe ‘n mens logies argumenteer nie.

Pieter Botha ·

Ja Woolworths is gelukkig ten volle verteenwoordigend anders sou die aksie deur die swart sekuriteitswag, die swart kassier en die anderskleurige bestuurder as rasisme afgemaak word. Los die trollies vol dan kan hulle die onderverteenwordigde wit mense aanstel om die trollies te help terugpak!

werner ·

dit is nou presies hoe ons ou volkie werk. baklie eerder onder mekaar as teen `n gemene doel. kyk waar het vreedsame protes ons gebring?? woolworths besteel ons al jare met midelmatige produkte in duur verpakkings. ry op die rug van snobisme.dit is hoekom ian moir R20 miljoen kan betaal word. neewat,maak hulle seer waar hulle dit voel. ek koop sommer lekker by u-save. niks skaan daaroor nie. ten minste het u-save hier in kraaifontein wit personeel ook.

David Martens ·

Ek weet van geen advertensies ooit deur enige maatskappy – insluitende Woolworths dat poste spesifiek vir blankes ge-adverteer word nie. Waarom dan nou dié wat alreeds so bevoordeel word in elke staatsdepartement – en baie ander kettinggroepe nog steeds bevoordeel.

Hier in die Kaap kry Zimbabwieërs makliker werk as blanke jongmense. Baie restaurante se kelners is deur die bank Zimbabwieërs, maar as jy vra vir Afrikaanse diens is daar niemand wat jou kan help nie – en kyk jou aan of jy ‘n vreemde wese is.

Stefan ·

As n kelner my nie in my taal bedien nie kry hy nie sy fooitjie nie – en ek se dit vir hulle sodat hulle weet waaroor dit gaan – en moenie vir my se n buitelander kan nie afrikaans verstaan nie – dan moet hulle n afrikaanse kelner beskikbaar he vir afrikaanse klante.

Hilda ·

Ek dink nie die mense maak mooi,dis nie n manier om dinge op te los.Nog n ding,gaan kyk maar by baie van die ander kettingwinkels is dit dieselfde probleem,daar is nie blanke gesigte nie,of dalk net een of so.Dis n probleem wat die Nuwe SA ingebring het,hoekom nou vir Woolies kwalik neem,hulle doen maar net wat die ”wet” se.Ek koop al jare by Woolies en al is van hul produkte duurder as ander,het hulle van die beste kwaliteit.Ek is nog altyd tevrede met Woolies en sal daar koop so lank hulle bestaan.Ek dink die blankes is besig om hulself gat te maak,moet ons nou soos die ”ander”raak.Ek behou liewer my respek.Ek voel jammer vir die wat werk soek en nie kry,my kinders het ook daardeur gegaan en ek besef dis moeilik in die land van ons.Ek het weer Saterdag n heerlike gaar hoender by Woolies gaan koop en sal weer en weer daar koop.Jammer en sterkte ouens!!!

Nico ·

Is jy bewus daarvan dat die eiers afkomstig is van hoenders wat “Prawn” doppe gevoer word sodat die eiergele mooi oranje kan lyk? Baie mense het mos gekla dat die gele te vaal lyk. Toe maak die gieriges n plan. Kleur die kos want al die hormone en chemikalie wat die arme kiepe gevoer word laat die eiertjies sleg lyk! WAARDE VIR GELD?? Groot Grap………Vat jou Woolies kuiken en vergelyk sy beentjies met een wat van die plaas afkomstig is. Die plaas hoendertjie se beentjies is lekker dik, sterk en so bruinerig. Die woolies een is spierwit, dun en meestal gebreek. Ek wonder hoekom? Ek het nog nooit iets verorber wat ek doorgery het nie, nou wonder ek maar net hoekom dink mense dat n sappige braaihoendertjie n rustige, kalm einde gehad het?

Henriette Visser ·

Liewe Hilda
Ons praat weer WANNEER – nie as nie – wanneer jy of jou man jul werk verloor of jou wit Afrikaans-sprekende seuns moet emmigreer om werk te kry! Gods-water-God’s akker het ons nerens gebring in die laaste 18 jaar nie. As jy se “ander” – erken jy eintlik JY is ‘n rasis. Ek is nie. Ek voel daar moet teen NIEMAND gedeskrimineer word op grond van hul velkleur nie! As daar ‘n swart kandidaat is met meer ervaring en kwalifikasies, moet hy/sy die werk kry, nie ek nie. Maar as ek die top kandidaat is, moet EK dit kry omdat ek die BESTE kandidaat is, nie oor my velkleur nie! Kom by, Tannie! Die liberales is land-uit na 94, wat soek jy nog hier?

Bennie ·

Henriette is reg. Was jy al sonder werk? NEE ! Het jy al jou huis en kar verloor agv RETRENCHMENTS? NEE jy het nie.Jou kinders is ook seker van die uitverkorenes in die land! En wat as hulle afbetaal word omdat hulle te wit is ?Nee wat Hilda jy leef in n droom wereld. R55-00 vir n gaar hoender by woolies om die JODE en Regering ryk te maak.Maak hom liewer self gaar!!
Groete

frank ·

Hilda, die protes aksie is nie net teen Woolworse nie, dit is ook teen BBBEE, AA,EE, etc…Hierdeur moet ons wys ons aanvaar dit NIE. Ongelukkig vir Woolworse was hulle arrogant oor die hele situasie… dus het hulle ‘n unieke geleentheid geskep om te wys hoe ongelukkig ons is… ek verstaan nie hoekom ons altyd die “regte” ding moet doen terwyl die ander kan makk wat hulle wil en rassisme toepas soos en hoe hulle wil. Ek kry die gevoel dinge is aan die gebeur, dit het lank gevat maar die Afrikaner is besig om te ontwaak….Hierdie is die enigste manier om ons weer telaat geld…

Jan ·

Woolworths se sukses tot nou toe in hierdie land is hoofsaaklik aan die koopkrag van die blanke Afrikaner te danke. Die houe wat hy nou uitdeel getuig van baie swak smaak. Sou die Afrikaner sy koopkrag onttrek, voorsien ek dat Woolworths binne ses weke sy deure sal moet begin sluit.

Om waentjies te pak en net so te los, skep egter ‘n baie swak beeld van die Afrikaner. Om die Engelse uitdrukking te gebruik – dis nie soos ‘n “gentleman” maak nie. Protesteer eerder deur elders te koop.

Bennie ·

Jan,Dis juis omdat almal gatvol is om GENTLEMAN te speel dat die blankes is waar ons vandag is!
Verset is soos in Egipte en Libia!! As die plek begin brand soos ons mede burgers doen sal die regering en woolworths dalk begin wakker skrik.
Groete

Teresa van Dyk ·

Ek dink nie Woolies het hierdie saak goed deurdink nie en ek dink ook hulle het hul blanke ondersteuning grootliks onderskat. Woolies is ‘n tradisie onder die blanke Afrikaner en kom al generasies lank. Dis ‘n kwessie van: vat aan my winkel en jy vat aan my. Hulle het geen respek vir die geld wat hulle gemaak het wat hulle vandag is nie. Dus: welgedaan aan dié wat die dapperheid het om aan hierdie protes deel te neem. Êrens moet ons stem ook gehoor word; en hopelik ook na geluister word. Genoeg is genoeg.

Sonja ·

Ek stem 100% saam…hulle onderskat ons intelligensie en ons geld…Spar het dieselfde goed net n ander pakkie!

Sonja ·

What a waste of time and energy unless you have anger management problems that you need to pack tolley’s and leave them behind, rather go and buy at another store and spend your useful energy with friends and family which is priceless…I have not set foot in Woolies for the 6th day after buying there every day for the past 12 years and I’m surely not missing a thing, as everything is available any other place if you want it…different name and packaging at a better price, like that say…all good things come to an end Mr Moir!

Henriette Visser ·

Hi Sonja,
I guess you have a job. I am a graduate professional. In fact I have 3 University qualifications, two of which are post graduate and I am unemployed, because I am white. How do I know this. Because I have been told directly to my face that the company wants BIC (Black, Indian, Coloured) candidates because they have to make their equity targets. They however feel fine in interviewing me as a “benchmark” of what is available in the job market, so they can scale the BIC candidates against me. Did I mention that all my qualifications have been obtained Cum Laude? (It means with distinction!) So don’t tell me I was not the best candidate! And I am tired of doing nothing about it…. I refuse to go down without a fight.

Brenda ·

Mooi so mense!! Ek is so trots op julle. Moet julle nie steur aan die nat vatdoeke, wat dit as kinderagtig en onopgevoed afmaak nie. Ons is moeg om still in ons hoekie te sit en ja, en amen op blanke diskriminasie te se. Die tyd om saam te staan het aangebreek. O, ja, julle wat eerder julle RESPEK wil behou, behou dit gerus, maar moet nie by ons kom huil as die ANC dit wreed van julle af wegruk nie!

Petrus ·

Net ‘n ander voorstel. Ek het nou begin om meet by die “local” klein winkels te koop en het gevind dat hulle kwaliteit baie keer net so goed of beter as Woolowrths is. Dit ondersteun ook die klein sakeman in jou eie omgewing. Probeer dit gerus!

Charmaine ·

Nee wat mense, dis nou eens die Afrikaner kan nie saam staan nie. Hoe kan jy die ‘pak-en-spaander’ vergelyk met bande om die nek mense verbrand, klippe gooi, geboue afbreek. Regtig gaan julle nog 18 jaar vat om wakker te word? Spyt kom altyd te laat. Ek haal my hoed af vir die mense wat die rugraat het om te ‘pak-en-spaander’!

Nita ·

Ons aanvaar alles en ons kinders is die wat gaan swaar kry en sonder werk sit. Standaarde in ons mooi SA is glad nie meer wat dit was nie en sal ook nooit weer so wees nie. Ek is jammer my kind maar mamma kan nie alleen veg nie.

Hulda ·

Luistermaar na die nuus. Die mynwerkers se staking… Hoeveel dood en vreedsaaam? Heel duidelik nie. Hier sit ek, my seun is wit en kan nie ‘n “sponsorship” kry vir die Drakensberg Seuns Skool Koor nie omdat hy wit is. Die verskonings: “we don’t sponsor individuals…” Nou moet sy drome aan skerwe lê sodat iemnd van ‘n ander ras of kleur dit maar liewer kry. Almal wat so vroom sit en sê dis verkeerd, dink bietjie in watter gemors ons land op die oomblik is. Ek is geen rasis nie, maar wat reg is is reg en ons is veronderstel om nie meer apartheid in die land te hê nie, maar jammer om dit te sê, dis net mooi omgekeer…..

Mary ·

Ek stem nie saam dat jou kind gesponsor moet word nie, want op die ou end is dit van my geld wat gebruik word dmv verhoogde pryse. Hoekom moet ek en ander mense vir jou kind betaal? En waar hou dit op? Sport-sponsors, studie-sponsors – nee wat, sorg vir jou eie kind. Ek het myne.

Bt ·

Mary!!!! Jy is so naar!!!! Hulda, as ek die geld gehad het sou ek wragtig jou kind gesponsor het! Mary ek hoop jy leer vir jou kinders meer naaste liefde as wat jy het, dit sal hulle veel aangenamer as jy maak!

Bennie ·

Ian Moir Go back to where you come from because you are not from here.You and your country was against apartheid and demonstrated againest the system.You are now here to make money and as soon as the shit hits the fan you will be the first one on the plane back home! I am quite sure that u are a OZZY!! If not A POM!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.