Worcester-polisieman gevang wat vrou glo verkrag

Die polisie se Onafhanklike Klagtedirektoraat het ʼn polisiekaptein Maandag in hegtenis geneem nadat hy ʼn vrou glo Sondagoggend verkrag het.

Die vrou het glo in die motor saam met dié 40-jarige beampte wat in Worcester in die Wes-Kaap gestasioneer is, gery. Hy het haar na sy huis geneem omdat sy glo ʼn telefoonoproep moes maak. Die 30-jarige vrou beweer hy het haar by sy huis seksueel aangerand. Die beampte het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Robertson verskyn en is op R1 000 borgtog vrygelaat. Hy sal in Desember in die hof verskyn, berig EWN.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.