Worshond-sleep: Bestuurder met dood gedreig

Foto: Harry Liebel

Die persoon wat in Rustenburg op film vasgevang is hoe hy op Nuwejaarsdag ʼn hondekarkas agter sy bakkie aangesleep het, sê hy word met die dood gedreig. Die man is nie van dieremishandeling aangekla nie weens ʼn tekort aan bewyse.

Martie Meuter, bestuurder van die Rustenburg- Dierebeskermingsvereniging (DBV), het Woensdag aan Maroela Media gesê die Nasionale DBV het die saak ook ondersoek en hulle hande is afgekap.

“Die man kan nie van dieremishandeling aangekla word nie, want die hondjie was reeds dood. As iemand vir ons bewys kan lewer dat die dier gelewe het toe hy vasgemaak is, is dit ʼn ander storie,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig die DBV doen ʼn beroep op die publiek vir ooggetuies om na vore te kom. Harry Liebel, ʼn inwoner van Rustenburg, het die foto op Nuwejaarsdag geneem. Lees meer hier.

Die eienaar van die bakkie is intussen opgespoor en beweer iemand het die hond kwaadwillig aan sy bakkie vasgemaak en hy het nie geweet die dier was daar nie. Die man se identiteit word weerhou omdat hy na die voorval deur verskeie mense met die dood gedreig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Onregverdig ·

Ek weet dit is uiters skokkend om ‘n dooie hond te sien wat agter ‘n bakkie aansleep, maar kom ons gee die man die voordeel van die twyfel. Ek sukkel maar om te glo dat iemand doelbewustelik ‘n dooie troeteldier so in die publiek sal rondsleep. Ek vra myself die vraag af – klink sy verduidelik redelik? En die antwoord is ongetwyfeld ja. Klink vir my ook asof iemand die dier, sonder die eienaar se kennis, aan sy bakkie kon vasmaak.

Poppie ·

Dis absuluut bullshit dat die eienaar “kastig ” nie geweet van die hond nie. Ek dink die eiernaar van die voertuig lieg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.