Worshond-sleep: DBV soek ooggetuies

Foto: Harry Liebel

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Rustenburg het Donderdag ʼn beroep op die publiek gedoen vir ooggetuies wat gesien het hoe ʼn motoris op Nuwejaarsdag in dié dorp ʼn hondekarkas agter ʼn bakkie aangesleep het, om na vore te kom.

Martie Meuter, bestuurder van die Rustenburg-DBV, het aan Maroela Media gesê dit is bevestig dat die foto vanjaar op Nuwejaarsdag geneem is. “Ons kort egter nog ooggetuies om die saak meer waterdig te maak,” het sy gesê.

Maroela Media het Woensdag berig dat ʼn foto van ʼn bakkie wat ʼn hondekarkas agter hom in die pad aansleep talle gebruikers op sosiale media warm onder die kraag gelaat het.

Harry Liebel, ʼn inwoner van Rustenburg, het die foto op Nuwejaarsdag geneem. Lees meer hier.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Ons weet wie die verdagte is en waar hy bly, maar kort nog mense wat die voorval aanskou het om na vore te kom.” Mense wat die voorval aanskou het kan die DBV skakel by 014 592 3181.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wilma Diedericks ·

Daar is dan klinkklaar bewys! Wat meer nog wil hulle he? Gaan hierdie saak ook maar weer net onder die mat ingevee word? As ek hom kry…..

Marsha Holtzhausen ·

Ag nee regtig !!!!!!! Nog meer waterdig as n REGISTRASIE NOMMERPLAAT???????

Natasha ·

Al is die worsie dood is dit nog nie reg om die diertjie so te behandel nie. Dan vra ek was die wors hond dood of is hy dood aan skok van gesleep word agter die bakkie. Die foto is genoeg bewys van diere mishandeling. Ons land se wette moet STRENGER word. Gee daai besuurder vir my vir ‘n paar uur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.