Uitspraak sal na verwagting Woensdag gelewer word in die saak teen dr. Wouter Basson, die chemiesewapen-kenner, rakende sy professionele gedrag.
Die ses jaar lange verhoor, wat deur die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) gelei word, is by die organisasie se kantoor in Pretoria gehou.
Jaap Cilliers SC, vir Basson, het in November sy slotbetoog gelewer. Hy het gesê Basson moet vrygespreek word, aangesien die verhoor onregverdig en onredelik is, en dat die RGSA nie sy saak bewys het nie.
Basson was die hoof van die apartheidsbewind se chemiese en biologiese wapenprogram Projek Coast. Hy word daarvan beskuldig dat hy etiese gedragskodes oortree het deur traangas vir oorlogvoering en dwelmmiddels vir ontvoerings te ontwikkel.
Cilliers het aangevoer dat Basson se optrede hoofsaaklik was om die veiligheid van die publiek te verseker.
ʼn Klagstaat is in 2006 ingedien, vyf jaar nadat die aanvanklike klag ingedien is.
Basson word ook daarvan beskuldig dat hy oneties opgetree het deur Mandrax, kokaïen en traangas te vervaardig wat aan Jonas Savimbi, Unita-leier van Angola, verskaf is.
Hy het glo ook sianied-kapsules vervaardig sodat soldate dit kon gebruik om selfmoord mee te pleeg.
Basson is in 2002 deur die Pretoriase hooggeregshof vrygespreek van aanklagte.
Die RGSA het die uitspraak hersien om te bepaal of daar gronde is om met ʼn ondersoek voort te gaan. Die staat het in die hoogste hof van appèl teen die uitspraak geappelleer, maar dié aansoek is van die hand gewys.
Die staat het daarna die konstitusionele hof genader, maar die aansoek is in September 2005 van die hand gewys.
Hulle wil die man in die tronk sien,waar is die ANC of Mandela se liefde en vrede nou.
Hulle sal nie rus voor hul;le hom skuldig kry nie,en net soos De Kock het hy maar net sy werk gedoen,soos sy lyers van hom verwag word.
Hoekom klae hulle nie vir De Klerk aan nie.Nou verondskuld hy hom net Skande ANC ,