WP-rugbyspeler in hegtenis geneem

ʼn Rugbyspeler van die Westelike Provinsie is Sondagoggend in hegtenis geneem, etlike ure ná die WP se Curriebeker kragmeting teen die Griekwas in Kimberley.

Adjudant-offisier November Filander, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die 22-jarige is vroeg Sondagoggend by ʼn padblokkade naby die Kampsbaai-polisiestasie in hegtenis geneem.

Daar word beweer dat die speler se voertuig se nommerplate nie ooreenstem met dit wat op sy lisensieskyf staan nie.

Gavin Lewis, die span se woordvoerder, het aan die Cape Times bevestig dat die speler in hegtenis geneem is.

Die speler is op R500 borgtog vrygelaat en moet Dinsdag in Kaapstadse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rita Herbst ·

Hoekom noem hulle nie sy naampie nie. Is dit omdat weer ‘n outjie van die WP is, want was dit nou ‘n blou bul het hulle sommer dadelik sy naam genoem. Dog ek lig maar net my opinie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.