WP-speler vas oor dronkbestuur

images (2)WP Rugby het bevestig dat een van sy spelers tydens ʼn padblokkade vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem is.

WP Rugby sê in ʼn verklaring op sy webtuiste dat hy veilige en verantwoordelike padgebruik ondersteun. “WP Rugby sal ook die speler, wat tot op datum ʼn voorbeeldige dissiplinêre rekord het, ondersteun deur middel van sy werknemer-hulpprogram.” WP Rugby sê aangesien die saak tans deur die polisie ondersoek word en dus sub-judice is sal nie hulle of die speler verder kommentaar lewer nie. Volgens berigte is die speler vroeg Sondagoggend in Gordonsbaai aangekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

leon ·

Ag shame hyt seker maar gaan suip omdat hulle so tragies teen die Haaie gespeel het. Ek belowe julle ek sou ook gaan suip het na die skandalige spel.

Erich Goosen ·

Daar is baie versagtende omstandighede waarmee die Haaie baie te doen het.

fransie ·

Wat is sy naam!!!! As dit nou ekke was is m naam in die modder gesleep en wyd en syd verkondig

leon ·

Lmga Erich. Ja die magistraat sal hom mos nie kan straf nie. Hys dan klaar down and out. Hy moet net se hys n uitgeworpene seun uit die hele kaap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.