WP-speler wat glo dronkbestuur se naam bekend

Cheslin Kolbe. Foto: Rugby365.com

Cheslin Kolbe. Foto: Rugby365.com

Die rugbyspeler van die Westelike Provinsie wat oor die naweek vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem is, se naam is bekend gemaak.

Cheslin Kolbe (20) is tydens ʼn padblokkade in Gordonsbaai in hegtenis geneem, het Beeld Woensdag berig.

Kolbe was ʼn junior Springbok en het twee weke gelede in sy eerste Curriebeker-eindstryd gespeel. Hy is op R500 borgtog vrygelaat. Sy saak is uitgestel tot 13 Augustus 2014.

Adv. Wallis Roux, Kolbe se prokureur, het aan die koerant gesê hulle wag nog vir die uitslae van Kolbe se bloedtoetse voordat hulle die weg vorentoe gaan bepaal.

– SAPA

Lees ook:
WP-speler vas oor dronkbestuur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.