Wrak van vermiste vliegtuig opgespoor

‘n Massiewe soektog is Donderdagoggend hervat nadat ‘n militêre vliegtuig naby Ladysmith in KwaZulu-Natal vermis geraak het.

‘n Dakota-vliegtuig het Woensdagoggend vroeg by Waterkloof lugmagbasis opgestyg en sou omstreeks 10:00 op Mthatha land. Algoa FM berig Simpiwe Dlamini het bevestig die wrak van die vliegtuig is Donderdagoggend opgespoor. “Ek bevestig dat ons span in die gebied vanoggend die wrak van die Dakota opgespoor en uitgeken het,” het Dlamini gesê.

Maroela Media verneem al 11 mense aan boord is oorlede. Daar was glo twee vlieëniers, een navigator, twee lede van die Suid-Afrikaanse Lugmag, en ses mediese personeellede aan boord.

Intussen berig EWN dat lede van oud-president Nelson Mandela se mediese span aan boord was en in die ongeluk gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vorster Hough ·

n Ou staatspresident moet seker goed versorg word,maar sal dit dan nie veiliger wees en minder geld kos om hom na n hospitaal te neem nie?n Vliegtuig met bemanning en 6 dokters van af Waterkloof na Mthatha moet n groot klomp geld kos.Mandella is n mens en nie n Goddelike wese nie en hy is oud.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.