Wrakke van vermiste vliegtuie gevind

Die Suid-Afrikaanse maritieme en lugvaartsoek-en-reddingsentrum het bevestig dat die wrakke van die twee vermiste Albatros-vliegtuie gevind is.

‘n Woordvoerder van die soek-en reddingsentrum, Johnny Smit, het bevestig dat reddingswerkers op die toneel is. Hy sê die vliegtuie het vermoedelik in ‘n berg vasgevlieg in die Maake-gebied. Daar kon nog nie vasgestel word of iemand die ongeluk oorleef het nie. Die soektog na die twee vliegtuie wat Sondag tussen Tzaneen en die Randse lughawe vermis geraak het, is vroeg vanoggend hervat ondanks gure weer. Familielede van die passasiers aan boord die vliegtuie het vanoggend by die Mopani distriksmunisipaliteit se Rampbestuursentrum bymekaar gekom. Die Albatros- vliegtuie, met 13 mense aan boord, het vermoedelik in die George vallei-area tussen Polokwane en Tzaneen verlore geraak. Die Durbanse lugskou het gister bekendgemaak dat een van die passasiers op die twee vliegtuie een van sy koördineerders is. Volgens berigte is verskeie bekendes in die lugvaartbedryf en hulle gesinne, waaronder twee jong meisies, aan boord die vliegtuie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.