“Wreedste moord in Oranjeville ooit”

Vivien Ponté. Foto: Verskaf.

Lees ook:
Vier verskyn in hof oor gru-moord in Oranjeville
Vier vas vir wrede Oranjeville-moord

Vivien Ponté (57) is Sondagaand wreed in haar huis in Oranjeville in die Vrystaat aangeval.

Ponté is aangeval, aangerand, vermoedelik verkrag, op haar bed vasgebind en verwurg waarna haar bed aan die brand gesteek is. Ferdi Steyn, wat huisvriende van Ponté was, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die wreedheid wat hieraan gekoppel is “laat my naar, en kan ek nie glo dat ons wêreld so lelik geraak het nie”.

Volgens Steyn het Ponté se buurvrou haar Sondagmiddag omstreeks 17:00 nog gesien en was alles normaal. “Vivien is gewoonlik vroeg op. Haar tuinier het Maandag onraad vermoed toe sy nog nie wakker was toe hy daar aankom nie. Hy het ook gesien dat daar rookmerke aan die buitekant van haar slaapkamer was,” het Steyn gesê.

“Die tuinwerker het na die bure gegaan en hulp ontbied. Die polisie het op haar liggaam afgekom,” het Steyn bygevoeg.

Steyn het gesê dit is die wreedste moord wat die dorpie nog getref het. Sy pa en ma is afgetrede polisiebeamptes van die dorp. “Dit het die hele gemeenskap geruk. Daar bly baie bejaardes daar en dit was nog altyd ʼn veilige plek,” het hy gesê.

Konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê dat niemand nog in verband met die moord in hegtenis geneem is nie. “Die polisie volg alle leidrade op en is besig met die ondersoek,” het Kareli gesê.

Kareli het die toneel as “grusaam” beskryf. “Ons vermoed die aanvaller of aanvallers het deur die voordeur toegang tot haar huis gekry en dat sy die deur van binne oopgemaak het. Daar is bloedspatsels in haar voorkamer gekry, en merke wat aandui dat sy na haar slaapkamer gesleep is. Daar was ook iets oor haar kop gegooi, so sy kon dalk versmoor het. Haar hare en kop het erg verbrand. Die res van die liggaam is nie verkool nie.”

Hy het gesê die polisie ondersoek ʼn primêre saak van moord. “Sy het glo drie selfone gehad. Al drie selfone is gesteel. Haar televisie, radio en voertuie is nie gesteel nie.”

ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om te bepaal hoe sy dood is, en of sy wel verkrag is. Dit is in die stadium nie bekend waarmee sy aangeval is nie.

“Die gemeenskap het regtig ʼn baie goeie vrou verloor,” het Kareli bygevoeg. “Sy was by uitreikingswerk betrokke en onder andere mense van die omgewing geleer hoe om seep te maak,” het hy gesê.

Lees ook: Vier vas vir wrede Oranjeville-moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Stoere Boer ·

Hoeveel moorde en verkragtings nog? Jy is nêrens meer veilig nie. Daar moet iets drasties in die land gebeur want alles dui daarop dat hier meer agter sit as net roof. Die wreedheid van so ‘n moord kan net deur ‘n barbaar (wit of swart) uitgevoer word. Normale mense sal dit nooit kan doen nie.

Janette Burger ·

Dit maak my net siek om te deur hoeveel vrees sy moes gegaan het…….! Wat gaan gebeur met al die moord op die wit mense en boere!!! Dis tyd dAt ons wittes m♡et by mekaar staan en beginne toi toi om ons sin ook te kan kry!!! My hart is so seer hier waar ek tik,dit kon my MA gewees het!! Innige simpatie met kinders,vriende en familiexxxx

Yolande ·

Vivien, hierdie storie is enige vrou se grootste nagmerrie, myne ook. Ek kan net hoop en bid dat die Here jou gevoelloos gemaak het tydens die voorval. Ek weet regtig nie meer wat om te se of te dink nie, daar is elke dag ‘n storie van ‘n blanke wat vermoor is, vir basies niks, daar is nooit verdagtes nie, die polisie bly lydrade volg. So word “Uhuru” tog waar… Sterkte aan enige familie en vriende wat daar is…

Willy ·

Hierdie grusame moord vir drie selfone! Daar is nie ‘n beskrywing vir dié wat dit gedoen het nie!
Sterkte aan die familie en gemeenskap. Wens vir spoedige genesing.

leana ·

Dis verskriklik! So wreedaardig!
.Innige simpatie aan haar familie, naasbestaandes en vriende.

Shirley Wassenaar ·

Dit is elke vrou se vrees. Ek kan my nie indink wat sy deurgemaak het nie. Onmenslik en barbaars!! Dit klink soos n scary movie, ongelukkig is dit waar. Natuurlik aan die brand gesteek om DNA te vernietig of hoe

amy ·

Dis baie erg!!! Het die duiwel in daai mens(e) ingevaar of is dit maar in die natuur (bloedlyn) om so wreed te wees? Ek is gewalg en geskok oor die wreedheid teenoor ‘n weerlose vrou. En die aanval kom natuurlik in VROUEMAAND!!! Sy was iemand se ma!!! Iemand se suster en iemand se vriendin gewees.!!!

Ek kan ongelukkig nie hier sê wat ek graag wil nie, want ek mag nie!!!

My hart gaan uit na haar vriede en familie wat ‘n geliefde op so ‘n BRUTALE wyse verloor het.

Herman ·

Wanneer gaan ons blankes besef dat hulle die teiken van hierdie marxistiese, ateistiese regering is. Ek stel eerstens voor dat ons bidure regdeur die land moet hou om die Skepper te vra om ons te beskerm, want daar is aanvalle op protestante christene wereld-wyd. Tweedens moet ons die regering boikot met belastings, boere moet die aanplanting van kos beperk sodat die regering in ‘n hoek dryf. Verdien eerder minder as om eersdaags niks te verdien nie. Ons sal moet opoffer en ons voorspoed vir ‘n wyle vergeet, anders word ons aanstonds selfs slagoffers van die wrede geweld. Boikot media 24 wat weier om aanvalle op blankes te publiseer. Dit het tyd geword dat ons moet praat oor die slagtings. Hou op om op geestelike leiers staat te maak, want baie is so besig om vir hulle self naam te maak of sukses na te streef en min sien wat besig is om te gebeur. Kom ons vertrou God ten volle en leef sy opdragte uit. Hierdie is ‘n oordeel oor God se kinders, daarna sal God Sy vyande straf. Die Woord is vol sulke voorbeelde.

Hou goeie moed, God sal ons nie vir altyd kastei nie, die oorwinning is al in sig.

Attie ·

Feit: geloof = geweld. Moenie atheists blameer vir die tragedie nie asb, ons is entlik nicer as dit, gaan lees bietjie meer as net jou een boek.

Daphne Bekker ·

Hulle het my pa op die ouderdom van tagtig wreed aangeval in standerton. Dit gaan al soveel jare aan dit is skokkend. Hulle Vermoor die blankes een vir een.

ekke wat myself bekserm.. ·

Ek kani insien dat mense nie bereid is om hulself te beskerm nie. Ek is enkel en indien IEMAND naby my woning kom gaan alarm looi en dan gaan ek beslis my BULL vermooi uithaal. Ek gaan beslis nie wat totdat die ‘owerhede opdaag nie. ek gaan myself beskerm en moet dan ongelukkig my vuurwarpen moet uithaal. EN ek sal belslis nie skroom om dit te doen nie.

anna ·

Eerste ny innuge simpatie met die famielie die doodstraf moet nooit weg gevat gewees het nie nou word ons soos miere af gemaai deur onskuldige mense weg geruk moet word bring die dood straf terug en al die moord sal stop

Vaatjie Viviers ·

Liewe aarde ek mag verkeerd wees maar hulle moor ons blankes stil stil uit en daar kraai nie n haan daarna.Maar as een van hulle vermoor word maak dit wereld opslae die buiteland moet wakker word en sien wat aangaan in die mal wrede land

Judith van der Merwe ·

Wreed! Ons blankes sal moet op ons knië moet bly en smeek dat die here ons genadig moet wees, net Hy alleen kan ons red!

Thys Dannhauser ·

Dit maak nie saak wat sy vir enige gemeenskap gedoen het nie, die kruks van die saak is dat dit n absoluut barbaarse daad was. Stel jou voor so n daad isvdeur blankes aan swartes gepleeg, belowe dit draai in die Wereld hof vir insane humanity against humans.
Geen wonder mense raak gatvol vir die slapgat regering wat net in naam bestaan.

Douw Steyn ·

Ja, die gemors is diere sonder `n siel.Dit is net God lose mense wat sulke dinge kan doen. Daar is net een uit weg.Raak ontslae van sulke kriminele.Dit is nou tyd om op te staan en ons eie te beskerm. Ek het nee gestem, want ek het geweet wat vir ons mense wag!!!! Dit gaan nie oor politiek nie,maar oor die geestelike stand van ons mense.As hulle geestelik voorbereid was sal hulle nooit ja gestem het nie.Ja, al dra `n aap `n goue ring hy bly,maar nog `n lelike ding.

God seen en bewaar julle.

Gert ·

Verskriklik erg ! SA wette in guns van barbare ! Ons nasie (ras) word geteiken ! Plotte en plase en woonhuise word daagliks aangeval ! Ek het na woonstel verhuis hier in Pretoria. Die tannie langs ons huis in pta -wes (bure) met koevoet doodgeslaan ! Nou darem veiliger in woonstel (relatief) kapings net so erg ! Gereg nutteloos ! Die monsters moet gehang word ! Al medisyne wat sal werk ! Tronke is hotelle ! Groete.

Pieter koekemoer ·

Die ANC het die doodstraf af gestel want hulle het geweet sou hul dit nie doen sou daar honderde van hulle boeties jaarliks gehang moes word en sodoende sou hulle minder word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.