WWF bekommerd oor skaliegas-besluit

Die Wêreldnatuurlewefonds (WWF) het sy kommer uitgespreek oor die kabinetsbesluit om die moratorium op hidroliese breking, bekend as ‘fracking,’ op te hef om vir skaliegas in die Karoo te prospekteer.

Die minister van minerale bronne, Susan Shabangu, het verlede jaar ’n moratorium op hidrobreking in die ekologies sensitiewe Karoo ingestel en dié moratorium is Vrydag opgehef.

Die internasionale oliegroep Shell SA, Bundu Gas & Oil en Falcon Gas & Oil het aansoek gedoen vir eksplorasielisensies vir skaliegas in ’n gebied van oor die 250 000km² in die Karoo.

Die WWF voel daar was ‘n gebrek aan deursigtigheid met die proses wat gevolg is. Die fonds gaan ‘n versoek aan die departement van minerale hulpbronne rig om die verslag bekend te maak waarop die besluit gemaak is.

Saliem Fakir, hoof van WWF-SA se Living Planet-eenheid, het gesê die regering moes meer openbare deelname oor die kwessie gehou het. “Indien die nodige maatreëls nie ingestel word om die gaseksplorasie te beheer nie, sal dit verreikende gevolge vir die Karoo en sy inwoners hê,” het hy gesê.

Lees ook Fracking’ skokkende besluit oor hidroliese breking – AfriForum

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.