WWF geskok oor renosterstatistiek

Argieffoto

Argieffoto

Die Wêreldnatuurfonds (WWF) het geskok gereageer op die statistiek van renosterstropery wat pas deur die departement van omgewingsake bekend gemaak is.

Altesaam 1 004 renosters is verlede jaar in Suid-Afrika gestroop, het die departement Vrydag gesê. “Die Kruger-wildtuin het 606 renosters aan stropery afgestaan,” het Albi Modise, woordvoerder van die departement, gesê. In Limpopo is 114 renosters gestroop, 92 in Mpumalanga, 87 in Noordwes en 85 in KwaZulu-Natal.

Altesaam 2 778 renosters is al sedert 2008 in Suid-Afrika gestroop. Minstens 343 mense is in 2013 in verband met stropery in hegtenis geneem.

Altesaam 37 renosters is reeds in 2014 gestroop en ses mense is in hegtenis geneem.

Volgens die WWF is die slagting van renosters byna gelykstaande aan die geboortes. “Die renosters staan met hul rug teen die muur,” aldus Jo Shaw van die WWF.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.