Xingwana gekap oor aanmerkings oor Afrikaners

Minister Lulu Xingwana. Foto: GCIS

Die burgerregte-organisasie AfriForum oorweeg dit om die Gelykheidshof te nader met ʼn klag van diskriminasie teen die minister van vroue, kinders en gestremdes, Lulu Xingwana, nadat sy gister op ʼn Australiese nuusprogram gesê het dat jong Afrikaner-mans en hul Calvinistiese geloof blameer moet word vir geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika.

Xingwana het haar uitspraak gister op die Australiese nuuskanaal ABC News gemaak:

Young Afrikaner men are brought up in the Calvinist religion believing that they own a woman, they own a child, they own everything and therefor they can take that life because they own it….”

“Xingwana se uitspraak kom op ʼn growwe skending van verskeie van die bepalings van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie neer,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gesê. “Sy diskrimineer op grond van ras, geloof en geslag. Dan beskik sy boonop duidelik nie oor die nodige kundigheid om gesaghebbend oor die onderwerp te praat nie.”

AfriForum het die saak reeds aan sy regspan voorgelê.

Die Afrikanerbond het intussen Xingwana se uitlatings as ʼn “uiterste verbale aanval op die integriteit van Afrikaners.” Jan Bosman, hoofsekretaris van Die Afrikanerbond, sê die minister se uitlatings is “onnodig, ongevraag en sonder enige substansie.” Bosman sê die minister skuld Afrikaners, mans, vroue en kinders, ‘n verskoning sonder enige voorbehoud. “Hierdie stelling deur minister Xingwana is in direkte konflik met die eed wat sy afgelê het toe sy die posisie van minister aanvaar het.” Bosman sê Die Afrikanerbond sal president Jacob Zuma se kantoor nader en versoek dat Xingwana van haar pligte onthef word.

Klik hier om die volledige insetsel te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Francois Maartens ·

Hoe kan ‘n persoon wat agv ras in ‘n posisie gedruk is sulke uitlatings maak. Ek is ‘n 80’s baba, in 1980 gebore en weet hoe lyk rasisme. Ek is bevoorreg genoeg om uit ‘n goeie huis met uitstekende opvoeding te kom wat GLAD NIE rasisties is nie. En as so iemand sulke uitlatings maak, dan wonder ek maar net hoekom party mense nog vas sit in die 80’s. Want duidelik is dit nou net om alle wit mans sommer onder een kam te skeer. Ek het self ouers, was getroud, het ‘n kind. En het nog nooit gevoel dat ek mense besit nie. En ek is ook soos sy ons noem een die “Young Afrikaner men”. Dis soos Mr. Roets gese het, sy diskrimineer op grond van ras en geslag. Dalk is dit maar net om sensasie te soek by haar ras, want sover ek weet was die verdagte en slagoffeer wit afrikaners, en die duisende wat al in hierdie land aan plaasmoorde omgekom het, was almal ook wit, en ons almal weet wat die ras van die moordenaars is. Maar dis net my gedagte.

E J Otto ·

Ag nee Jong Afrikaner mans kan mos enige ras wees Hul is almal Afrikaners! ….. Dis nou bietjie die mat uitruk!

Henrietta Klaasing ·

Jul skakel bring my nie by die relevante berig uit nie? Dankie vir mense soos Afriforum wat nie sulke onsinnighede duld nie en opstaan vir Afrikaner-belange.

Lizette Rossouw ·

Dit is jammer dat mense met so min kennis wat hul ononselheid so duidelik wys in top posisies aangestel word. Ek sien elke dag hoe mense poste kry op grond van kleur en gekoopte grade of die wat hulle op ‘n skikbord gekry het. Ek wens die buiteland wil die waarheid raaksien en nie met oogklappe rondloop nie. Mag die dom vrou vinnig uit haar soel gelig word. Sy is die een wat ‘n ondersoek aanvra na haar departement en dan nie die verslag wil publiseer nie oor korrupsie.
Dit kultuur van mans wat te besitlik optree was nog nooit ‘n Afrikander ding alleen nie en dit kom in alle rasse voor. Dit is egter in die minderheid wat mense sulke opvattings het. Ek weet van mans wat nog glo dat die bybel sê hulle is die baas en die vrou moet luister, maar gelukkig het die meeste darm genoeg verstand om te weet dat dit ‘n outydse opvatting is en die meerderheid wit vrouens het ook genoeg versand om nie by so ‘n man te bly nie.

Nic Grobler ·

Koerante was ook vol van vyftien swart maans wat een vrou verkrag het, drie kleurling mans wat ‘n meisie verkrag en op die gruwelikste wyse vermoor het deur haar derms uit te sny, swartmans wat ‘n kind verkrag en vermoor het – en so kan ek aangaan.

Hule is duidellik nie Calvinisties grootgemaak nie. So hulle misdade is aanvaarbaar in hierdie barbaarse vrou se oe

Walla ·

Dis maar net weereens n bewys dat die OC geen opvoeding het nie, “opvoed ” in hulle terme beteken VREET, dis hoekom die onnosele oc so dik en ongeskik is.

Antonie ·

Is dit nie presies wat die “African” mans doen nie? Kyk na ons liewe, intelligente president… hoeveel vrouens het hy? Dit is gemors!

Ignatius ·

Raai wie is die rassiste?Die ANC/SAKP en hul vakbonde want Lulu praat mos hulle taal.Die spreekwoord sê mos dat jy nie iemand agter die deur moet soek as jy self daar agter staan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.