Xingwana ‘jammer’ oor Afrikaner-uitlatings

Lulu Xingwana. Foto: GCIS

Terwyl Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en gestremdes, gister om verskoning gevra het vir haar uitlatings oor Afrikaners het die presidensie ook ʼn verklaring uitgereik oor die saak en het die Menseregtekommissie bevestig dat hy klagtes teen die minister ondersoek.

Xingwana het erg onder skoot gekom nadat sy in ʼn onderhoud met die Australiese-nuuskanaal ABC gesê het: “Jong Afrikanermans word in die Calvinistiese geloof grootgemaak en glo dat hulle ’n vrou besit, ’n kind besit, alles besit en daarom mag hulle daardie lewe neem omdat hulle dit besit.” Xingwana het Woensdagmiddag om verskoning gevra vir die uitlatings. “”Dit het vir my duidelik geword dat my kommentaar moontlik aanstoot kon gee vir sommige lede van ons gemeenskap. Ek wil daarvolgens graag hierdie opmerkings terugtrek en onvoorwaardelik om verskoning vra daarvoor.”

Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, het in ʼn verklaring gesê dat geen enkele kultuurgroep geblameer kan word vir die vlaag van geweld teen vroue en kinders nie. “Ons wil graag die Afrikaner-gemeenskap en alle ander Suid-Afrikaners gerusstel dat die regering se verbintenis tot nie-rassigheid en diversiteit soos verskans in die grondwet, bly onwrikbaar.” Maharaj het verder gesê dat Afrikanermans se bydrae in die stryd teen geslagsgeweld en ook oor die algemeen aan die bou van ‘n verenigde, omgee en voorspoedige Suid-Afrika, so waardevol is as dié van alle Suid-Afrikaners.

Die Menseregtekommissie het intussen bevestig dat hy klagtes oor Xingwana se uitlatings ondersoek. “Ons is in die proses om inligting oor die saak bymekaar te maak insluitend die hersiening van die transkripsie van die onderhoud, en ons sal binnekort met die belanghebbendes kontak maak. Ons glo dat enige poging deur enige persoon om gruwelike veralgemenings te maak wat enige taal, ras of godsdienstige groep beswadder heeltemal onaanvaarbaar is en nie strook met ons Grondwet nie.”

Die DA, Die VF+, Cope, die CDP, AfriForum en die Afrikanerbond het Xingwana vroeër gelooi oor haar uitlatings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leslie ·

Sy het van haar eie mense gepraat!
maar enige blanke wat glo dat sy now verskoning gevra het alles now weer “honky dory” moenie glo nie hulle gaan nog meer blankes vermoor,beroof en verkrag ek het nog nooit gehoor van ‘n blanke man wat ‘n swart vrou verkrag het nie

Marlene45 ·

Sy kan net soveel keer onverskoning vra as wat sy wil, maar die koël is deur die kerk. Die boodskap het baie duidelik deur gekom en ek sal graag wil weet wat sy van Calvinisme af weet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.