Yank wen dieselfde lotto twee keer!

lottoJames Bozeman, ‘n pensioenaris van Amerika, het pas in Florida se lotto die multi-miljoendollar-boerpot vir die tweede keer gewen.

Bozeman (67) het pas die boerpot van $3 miljoen (sowat R30 miljoen) gewen – na hy verlede jaar met ‘n kaartjie, wat hy by dieselfde winkel gekoop het, die boerpot van $10 miljoen (sowat R100 miljoen) in sy sak gesteek het.

Die kanse om twee keer hierdie boerpot te wen word op een teen 195 547 109 921 856 bereken.

Dié keer het Bozeman besluit om die wentjekkie nie sommer gelyk te neem nie. Hy sal nou vir die volgende 30 jaar elke jaar $100 000 (byna ‘n miljoen rand) ontvang.

Intussen beoog hy om volgende jaar weer so te maak. Hy het, nadat hy die vorige keer die boerpot gewen het, begin om elke keer ses nuwe nommers lukraak te kies.

Die berigte meld nie of Bozeman se ma die goue lepel waarmee hy gebore is laat verbrons het nie….

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gideon Erasmus ·

As dit in SA gebeur het, glo ek sal ons onraad vermoed het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.