Yolande Korkie deel vandag haar storie

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is, is steeds in aanhouding.

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is, is steeds in aanhouding.

Pierre Korkie se vrou, Yolande, wat saam met haar man in Jemen ontvoer en byna agt maande lank aangehou is deur ʼn groep wat glo bande het met Al-Kaïda, gaan Donderdagmiddag die media in Johannesburg toespreek om haar nare ervaring te deel.

Yolande is terug in die land nadat sy verlede Vrydag deur die groep vrygelaat is. Haar man word nog deur die groep aangehou. Hulle eis ʼn losprys van $3 miljoen (byna R30 miljoen) voor môre [Vrydag] vir sy vrylating. Yolande gaan haar storie deel in ʼn poging om fondse in te samel om Pierre se vrylating te bewerkstellig.

Intussen het dr. Imtiaz Sooliman van die humanitêre welsynsorganisasie Gift of the Givers gesê onderhandelinge is ingewikkeld en hulle probeer uitstel kry vir die sperdatum.

Die egpaar is in Mei 2013 in Taiz ontvoer nadat hulle vir Amerikaanse toeriste aangesien is. Pierre en Yolande is voormalige onderwysers van Bloemfontein. Die egpaar en hul twee kinders het vir vier jaar in Tiaz gewoon en is ontvoer toe hulle wou terugkeer na Suid-Afrika om Pierre se pa se begrafnis by te woon.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.