Yolande Korkie pleit vir haar man

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is, is steeds in aanhouding.

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is, is steeds in aanhouding.

Yolande Korkie, die vrou van Pierre Korkie wat deur Al-Kaïda in Jemen gyselaar gehou word, het Donderdag sy vrylating bepleit.

Yolande het Donderdag ʼn verklaring aan verslaggewers in Johannesburg voorgehou. “Al-Kaïda, baie dankie dat julle my vrygelaat het en my aan my kinders teruggegee het. Dankie dat julle ons met goedhartigheid en respek hanteer het en medisyne vir my man gebring het,” het Yolande gesê. “Ek versoek dat julle my man sal vrylaat.”

Yolande moes saggies praat weens ʼn keelinfeksie wat sy opgedoen het.

Die ontvoerders het verlede Vrydag ʼn losprys van $3 miljoen (ongeveer R32.5 miljoen) binne agt dae geëis vir Pierre se vrylating.

“Onderhandelinge verloop nie goed nie,” het dr. Imtiaz Sooliman, hoof van die Gift of the Givers, gesê. Dié humanitêre organisasie het verlede week Yolande se vrylating bewerkstellig. Anas al-Hamati, die organisasie se kantoorbestuurder in Jemen, het Maandagaand persoonlik met die ontvoerders begin onderhandel.

Die egpaar is in Mei in Taiz ontvoer.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Yemen is geen plek vir n westerling nie. Die mense leef nog in stamverband (klans) en is na my mening baar en veragtelik. Elke hoofman wil sy eie kitaar slaan en as hy nie sy sin kry nie neem hy gyselaars en stel dan sy eis.
Gaan vind uit hoe mense uit Afrika, wat die land as deurgangsroete gebruik, behandel word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.