‘n Video volg onderaan die berig. Die Snow Dragon, ʼn ysbreker van China, kan nie deur ʼn digte blok ys in Antarktika breek om 74 mense, wat reeds sedert Kersfees op ʼn skip vasgekeer is, te help nie.
Prof. Chris Turney, leier van die ekspedisie, het op Twitter bevestig hulle moet nou vir ander hulp wag.
Volgens die maritieme veiligheidsowerheid in Australië het die Snow Dragon Vrydag sowat 6.7 seemyl van die MV Akademik Shokalskiy af gekom voordat hy sy reddingspoging moes laat vaar.
Daar is nie ʼn gevaar dat die Russiese skip sal sink nie, en daar is voldoende voorraad op die skip vir sy 74 wetenskaplikes, toeriste en bemanning aan boord.
Die Aurora Australis is nou op pad na die Shokalskiy en sal na verwagting oor die naweek daar aankom.
Klik hier om die ekspedisie-webwerf te besoek.
Lees ook:
Antarktika-skip dalk binnekort bevry
Video: Toeriste vasgeys by Antarktika