Ysige temperature in Europa duur voort

Temperatuur in die Alpe-streek van Piedmont in die noorde van Italië het Vrydag tot minus 30° Celsius gedaal toe sneeuflokkies in Rome begin val het – ʼn uiters rare verskynsel.

Tot soveel as vyf sentimeter sneeu het in die sommige buurte in die hoofstad van Italië geval. Oor die afgelope 15 jaar het dit slegs een keer in Rome gesneeu. Drie mense is reeds onlangs weens die uitermatige weer dood, insluitend ʼn hawelose man wat Donderdag in die middel van Milan dood aangetref is. Sneeu en ysige temperature word glo tot Saterdag verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.