Ysige weerstoestande duur voort

Foto: Netcare 911/SAPA

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is vandag ingespan om motoriste wat in dik sneeu op die N3 tussen Villiers en Harrismith in die Vrystaat vasgekeer was te help.

Daar was veral ontwrigting in Van Reenenspas waar swaarvoertuie die pad versper het. Die N3 is vroeër vandag gesluit na dik sneeu daar geval het. Talle paaie in die Oos-Kaap is ook as gevolg van die sneeu gesluit. Intussen is minstens 350 mense wat in die sneeu vasgekeer was deur rampbestuurspanne gered. Die departement van vervoer het intussen ʼn nasionale komitee aangestel om gebeurlikheidsplanne in plek te stel op paaie waar sneeu en hewige reënval choas saai. Die yisge weerstoestande duur intussen voort oor groot dele van die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.