Ysige weerstoestande tref groot dele van die land

Swaar sneeu veroorsaak choas op paaie in die Oos-Kaap met twee bergpasse wat gesluit is. Die N6 by Pennhoekpas tussen Queenstown en Jamestown asook die Nico Malanpas tussen Seymour en Whittlesea is gesluit.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het intussen gewaarsku dat ysige weerstoestande en erge donderstorms later vandag in die Vrystaat en Noord-Kaap verwag word. Die toestande sal na verwagting later die week die binneland tref. Sneeu word ook voorspel in KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Noord-Kaap. Swaar reënval word ook in talle streke verwag. Eskom het intussen gewaarsku dat elektrisiteits-onderbrekings in die Oos-Kaap kan voorkom as gevolg van die koue toestande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.