Ysige weerstoestande vir Wes-Kaap voorspel

Wes-Kapenaars moet hulleself glo staal vir ysige weerstoestande dié naweek.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydag ‘n weerwaarskuwings uitgereik vir stormsterk winde en onstuimige seetoestande langs die kus, berig Die Burger. ‘n Stormsterk noordweste-wind van tot 65km/h kan Saterdag langs die kus tussen Tafelbaai en Plettenbergbaai woed en deinings van tussen 4m en 6m word tussen Lambertsbaai en Plettenbergbaai verwag. Koue, nat en winderige weerstoestand word ook voorspel vir die noordwestelike dele van die Wes-Kaap en suidweste van die Noord-Kaap.

Intussen neem sowat 125 atlete Saterdag deel aan die Peninsula Ultra Fun Run (PUFfeR). Dié uitmergelende roete oor 80 km deur die Tafelberg Nasionale Park word jaarliks, sedert 1995, deur onafhanklike, selfversorgende en omgewingsbewuste atlete aangedurf. Die roete strek van Kaappunt deur Simonstad, oor Tafelberg tot by die V&A Waterfront. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.