Ysland-polisie skiet eerste man

Die woonstelblok is ontruim omdat bure glo in gevaar kon verkeer

Die woonstelblok is ontruim omdat bure glo in gevaar kon verkeer

Die polisie in Ysland het Maandag vir die eerste keer in die geskiedenis van dié land, ʼn man doodgeskiet.

Die 59-jarige man, wat alleen in sy woonstel in die hoofstad Reykjavik gebly het, het glo dreigemente aan sy bure gemaak en die polisie is ontbied. Hy het op die polisie losgebrand en hulle het eers traangas deur die vensters gegooi om hom tot bedaring te bring.

Dié poging was egter onsuksesvol en die man het op die polisiebeamptes, wat by die woonstel ingekom het, losgebrand. Die polisie het teruggeskiet.

Tussen 15 en 20 polisiebeamptes het aan die operasie deelgeneem. Spesiale magte het ondersteuning aan die plaaslike polisiebeamptes gebied.

Twee van die lede van die spesiale magte is gewond in die voorval. Een is in die gesig getref en ʼn ander in sy hand.

Die man het, kort nadat hy by die hospitaal aangekom het, aan sy beserings beswyk.

Die polisie is onseker wat sy motief vir die skietery was.

“Die polisie is teleurgesteld oor die voorval en betoon hul medelye aan die man se naasbestaandes,” het Haraldur Johannessen, hoof van die polisie in Ysland, gesê.

Die woonstelblok is ontruim omdat die polisie van mening was dat die bure in gevaar kan wees.

Ysland, met sy 322 000 inwoners, het een van die laagste misdaadkoerse in die wêreld en skietvoorvalle is ongewoon.

Die spesialemagte-eenheid ontvang berading.

ʼn Ondersoek sal gelas word oor die optrede van die polisie en te probeer bepaal waarom die man begin skiet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Sjoe, ek wil daar gaan bly. Lyk na ‘n ‘vreedsame land’. Nie eens die polisie wil werklik op die mense skiet nie.

Henko ·

Amy, ek stem saam. Weg van hierdie land wat bestaan uit moord, roof, verkragting en alles wat walglik is.

Gideon Erasmus ·

Ek wonder of dit ‘n Yslandiese burger was en of dit nie ‘n immigrant was met burgerskap nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.