Ysterman-sterftes: “Ek lief jou altyd”

Kevin Staessen

“Jy is my ysterman en jou babadogtertjie sal grootword met die kennis van alles waarvoor jy geleef en oor gedroom het. Ek lief jou altyd.”

Robyn Staessen het die boodskap Sondag op haar man, Kevin (29), se Facebook-blad geskryf nadat hy vroeër die dag dood is tydens die Spec-Savers Ysterman-uithoukompetisie in Oos-Londen. Hy is vermoedelik aan ʼn hartaanval dood tydens die swem-item van die kompetisie. “Kevin, ek sit hier op die bankie en kyk na die see…dieselfde plek waar ons Saterdagaand saam gesit het en die kompetisie en ons planne bespreek het. My hart is seer, my kop is deurmekaar. Ek bid dat jy op een of ander manier my gids en my steunpilaar sal wees vir wat voorlê.”

Berton Bosman (37) is ook tydens die kompetisie dood en het vermoedelik ook ʼn hartaanval gehad. Dit was beide atlete se eerste keer wat hulle aan dié kragmeting deelgeneem het. Die oorsaak van die sterftes sal na die nadoodse ondersoeke bevestig word. Beide atlete se gesinne was in Oos-Londen, waar die kompetisie gehou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.