Ysterman-sterftes: Name bekendgemaak

Ysterman-kompetisie in Florida, Amerika

Die name van die atlete wat Sondag tydens die Spec-Savers Ysterman 70.3-uithoukompetisie gesterf het, is Maandag bekendgemaak.

Berton Bosman (37) van Pretoria en Kevin Staessen (29) van Johannesburg in Gauteng het beide vermoedelik hartaanvalle in die swemdeel van die kompetisie gehad, berig Algoa FM. Dit was beide atlete se eerste keer wat hulle aan dié kragmeting deelgeneem het.

Die oorsaak van die sterftes sal na die nadoodse ondersoeke bevestig word. Beide atlete se gesinne was in Oos-Londen, waar die kompetisie gehou is.

Bart Aernouts van België het die mansafdeling gewen, en Kyle Buckingham van Port Elizabeth, was die eerste Suid-Afrikaner wat die resies in die sewende posisie voltooi het. Jodie Swallow van die Verenigde Koninkryk het die damesafdeling gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.