ZCC-gemeentelid se borgaansoek uitgestel

Die borgaansoek van ‘n gemeentelid van die Zion Christian Church (ZCC) wat glo ‘n vrou verkrag het, is Donderdag in die landdroshof in Mankweng uitgestel.

“Die aansoek is tot 19 April uitgestel, aangesien die ondersoekbeampte siek is,” het konst. Moses Molepo, woordvoerder vir die polisie in Limpopo, gesê. Die vermeende verkragter is op 3 Maart in hegtenis geneem nadat ‘n 27-jarige vrou beweer het hy het ‘n mes teen haar keel gehou en haar tydens ‘n naglange bidsessie op 2 Maart by die kerk se hoofgebou in Moria, naby Polokwane, verkrag.

Aanvanklike berigte het aangedui dat die man ‘n profeet is, maar die kerk het dit ontken en gesê hy is net ‘n gewone gemeentelid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.