Zille bekommerd oor gewelddadige stakings

Vragmotor wat by Afrox in Epping op 3 Oktober aan die brand gesteek is

Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, het erken dat sy besorg is oor die gewelddadige aard van die huidige vervoerstaking.

Ten minste 29 voertuie is regoor die provinsie met klippe gegooi of aan die brand gesteek sedert die werkers twee weke gelede met hul staking begin het. Een trok is Woensdag by ‘n winkelsentrum in Nyanga met ‘n petrolbom aan die brand gesteek, berig EWN. ‘n Ander voertuig is op die N2 naby Borcheds Quarry met klippe bestook. Zille sê sy het met die ministerie van die polisie vergader om die geweld van die volgehoue stakings te bespreek. “Die vlak van geweld in stakings en ander betogings in Suid-Afrika is vreeslik en hoort nie in ‘n grondwetlike demokrasie nie,” het sy gesê.

Intussen het die voormalige ambassadeur van Argentinië in Suid-Afrika gewaarsku dat die huidige vlaag van stakings dringend bespreek moet word, anders sal dit buitelandse beleggers ontmoedig. Tony Leon het Woensdag die Nasionale Persklub in Newlands toegespreek. Hy het gesê die stakings in die land is ‘n rooi vlag vir beleggers. Leon het gewaarsku dat beleggers die land se vaardigheid om arbeidsdispute te beheer in twyfel sal trek.

Vragmotorbestuurders dring aan op ‘n 18% verhoging vir die volgende twee jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.