Zille maak lys van “poefieprotes”-leiers bekend

Helen Zille

Helen Zille

Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, het Vrydag die name van 11 ANC-jeugligalede bekend gemaak wat, volgens haar, verantwoordelik is vir ʼn aantal voorvalle waar menslike uitskot uit protes by verskeie plekke in en om Kaapstad gestort is.

“Dié ANC-jeugliga-taakspan is aan die stuur van ʼn veldtog om te poog om Kaapstad onregeerbaar te maak,” het Zille in ʼn verklaring gesê.

Menslike uitskot is oor die afgelope tyd by verskeie geboue, die lughawe en op die stad se hoofweë gestort.

Volgens Zille is dit alles pogings om die stad “onregeerbaar” te maak, in die aanloop tot volgende jaar se algemene verkiesing.

Sy het gesê die “ringleiers” het bande met die ANC en sy jeugliga. Kaapstad is tans onder leiding van die DA.

“Ons het ons eie ondersoek oor die ringleiers gedoen, asook beeldmateriaal van die uitskot-aanvalle bekom. Ons gaan al die inligting aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek,” het sy gesê.

Sy het ook ʼn beroep gedoen op die ANC om dissiplinêr teen dié lede op te tree.

“Ons doen ʼn beroep op die ANC en sy jeugliga om vinnig en betekenisvol teen die geïdentifiseerde lede op te tree en om saam met die polisie te werk in hul ondersoek deur die relevante inligting bekend te maak,” het Zille gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

Enige bande met die ANC is POEFIE.

***
Nee wat, daar gaan niks van kom nie. Hulle gaan doodeenvoudig hulle hande in poefie .. ekskuus, onskuld was.

Hoe laag kan “mens” daal om dit selfs op te tel … wat nog te sê gooi ! YUK

adriana ·

As sy die guts het,vat die eerste vliegtuig en kom kyk wat poefies is,DA soek stemme,hkm help sy nie die mense in Carletonville nie,en minder worry oorstront,wys die mense of jy werklik omgee,of word dit onder die mat gevee!!!!!!!! Dit sal dalk my Besluit verander en reg stem anders vergeet van verkiesing,ons is moeg vir moorde op ou mensies,en stakings,doen iets ,dan kry hul werklik my. Stem!!

H J Bester ·

Adriana, die DA en Helen Zille doen nog immers iets om die ANC-regering te beveg – wat doen jy buiten om te kritiseer ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.