Zille pak bendeprobleem

Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, het Dinsdag bevestig die wiel is aan die rol om gespesialiseerde polisie-eenhede weer op die been te bring.

Sy het die media oor bendegeweld in die Kaapse Vlakte toegespreek en gesê die probleem raak so erg dat die weermag moet intree.  Veral gebiede soos Hanover Park en Lavender Hill gaan gebuk onder voortslepende bendegeweld, berig RSG.

“Die parlement het reeds ‘n plan aanvaar om spesialiseenhede weer in te stel en ons sal druk toepas om dit te kry,” het sy gesê.

Nagenoeg dertig mense is reeds vanjaar aan bende-verwante voorvalle in die gebied dood. In die mees onlangse voorval is ʼn 6-jarige dogtertjie, Leana van Wyk, Sondag in die kop geskiet in ʼn skietgeveg tussen twee bendes in Hanover Park. Die dogtertjie is in ʼn kritieke toestand in die Rooi Kruis-kinderhospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.