Zille-werknemer in Kaap doodgeskiet

Jarryd Manuel, ʼn 18-jarige man wat sy internskap by Helen Zille se kantoor in Kaapstad gedoen het, en sy vriendin, is doodgeskiet.

Die Cape Times het Dinsdag berig Manuel en sy meisie, Megan Hendricks (19), is Sondagmiddag voor Manuel se ma se huis in Delft doodgeskiet.

Zille het aan die koerant gesê die voorval mag verband hou met bendegeweld. “Dit is ʼn tragiese en sinnelose dood wat die ernstige probleem van bendegeweld beklemtoon,” het sy gesê. “Jarryd het ʼn rooskleurige toekoms gehad wat deur sy internskap moontlik gemaak is,” het sy bygevoeg.

Sy het haar meegevoel vir die paartjie se vriende en familie uitgespreek.

Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, sê ʼn 19-jarige man word in verband met die voorval ondervra.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.