Vier skole in die Wes-Kaap sal nie gesluit word nie, indien daar aan sekere voorwaardes voldoen word.
Eduard Fagan, vir premier Helen Zille, het gesê die provinsie kan Beuvallon, ValPark, Protea en Lavis Drive-skole oophou afhangende van die uitslag van ‘n finale hersiening wat tans in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word. Dié aankondiging is gemaak nadat die hof ‘n aansoek ontvang het vir ‘n dringende interdik teen die besluit om 18 skole in die provinsie te sluit.
Donald Grang, LUR in die Wes-Kaap, het lae innamegetalle, multi-graadse klasse en ‘n afname in die aantal leerlinge as redes vir die besluit aangedui. Ouers en onderwysers van die betrokke skole het die besluit teengestaan en gesê dit is onregmatig en ongrondwetlik.
Regter Siraj Desai het die hof vir vyf minute lank verdaag sodat Fagan Zille se besluit aan hom en ander mede-regters kon verduidelik. Die hof het met die aansoek vir ‘n interim interdik teen die sluiting van die 14 ander skole voortgegaan. ‘n Hele aantal ouers en onderwysers was ook in die hof.