Zille word verhoed om te praat; Zuma doen niks nie

Helen Zille

Helen Zille

‘n Groep ondersteuners van die ANC het Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, Donderdag verhoed om tydens die bekendstelling van die Saldanhabaai-nywerheidsontwikkelingsone te praat.

Zille, ook die leier van die Demokratiese Alliansie, moes die verwelkomingstoespraak gelewer het. President Jacob Zuma sou ná haar sy toespraak gelewer het.

Die skare, wat sedert die aanvang van die verrigtinge oproerig was, het ANC-T-hemde aangehad,” het Zak Mbhele, woordvoerder vir Zille, gesê. “Sommige van die mense is met busse aangery.”

Mbhele sê die skare het begin raas toe Zille voor die mikrofoon ingeskuif het. “Dit was uit die staanspoor duidelik dat die geleentheid in ‘n ANC-politieke byeenkoms sou ontaard,” het hy gesê. “Volgens Zille is dit ‘n ernstige misbruik van staatshulpbronne. Dit kom neer op korrupsie om staatsfondse te gebruik om ‘n party politieke byeenkoms te hou.”

Hy sê Zille het Zuma Woensdagaand geskakel om hom te waarsku dat dit gaan gebeur. “Die funksie moes ‘n geleentheid gewees het tussen die drie sfere van die regering en Marius Fransman, voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap, was die voorsitter van die funksie. Dit is vreemd, aangesien dit nie deel vorm van sy ministeriële portefeulje nie.”

Fransman is ook die adjunk-minister van internasionale betrekkinge.

Phillip Dexter, woordvoerder vir die ANC in die Wes-Kaap en Songezo Mjongile, provinsiale sekretaris, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie. Clayson Monyela, woordvoerder vir internasionale betrekkinge, kon ook nie dadelik bereik word vir kommentaar nie.

“Die IDZ-bekendstelling is deur diplomate en beleggers bygewoon,” het Zille in ‘n twiet gesê. “Hulle was ontsteld oor die ANC se misbruik van die geleentheid. Daar is nog poste van die baan.”

Volgens Zille het pres. Jacob Zuma niks gedoen toe die ANC-ondersteuners haar verhoed het om te praat nie.

Sy sê Zuma het tydens hul telefoniese gesprek gesê hy is nie bewus van enige planne om die funksie te ontwrig nie. “Maar toe dit vandag gebeur, het die president net daar gesit en gekyk hoe die gebeure voor hom afspeel. Hy het geen stappe gedoen om die mishandeling stop te sit nie.”

Keith Khoza, woordvoerder vir die ANC, het gesê Zille kan die saak na die Openbare Beskermer verwys. “Ons is trots om aan te kondig dat ons nie die belastingbetaler se geld gebruik het vir ‘n party politieke geleentheid nie. Zille moet van beter weet,” het Khoza gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jasper ·

Wat moet die ANC dan nog doen om ons Blankes te te laat verstaan dat hulle ons nie verder gaan duld in hierdie land nie. Kry die boodskap mense !

Stoere Boer ·

Jasper ongelukkig sit ons met die Croukamps, Pakendorfs ens wat hul blind staar teen die “wonderlike reenboognasie” en nie die tekens raaksien nie. Niemand is so blind soos die een wat nie wil sien nie. Moorde is mos net om kos (Lees selfone, wapens ens) te kry. Hierdie voorvalle gaan nou gereeld voorkom veral in die Wes Kaap.

Gideon Erasmus ·

Wat verwag mens van sulke onopgevoede mense. Kultuur is onversoenbaar met Westerse gewoontes- dit is tradisie om te skree, te dans en te ontwrig, ek woon nie eens meer skoolkultuur geleenthede by nie, die geskree en geraas maak my woedend.

Hennie van der Merwe ·

Ek sal hoegenaamd nie verbaas wees as hierdie miskenning van gesag deur die anc (A NationCorrupted) georkestreerd was nie! Dit is die dat jz net met ‘n bek vol “tanne” gesit het , en nie ‘n vinger verroer het nie. Stilswye is mos hoeka goedkeuring en aanvaarding! Wat anders kan jy verwag? Wit en swart kulture kan mos nie gesinkroniseer word nie!

Hennie van der Merwe ·

Ek sal hoegenaamd nie verbaas wees as hierdie miskenning van gesag deur die anc (A Nation Corrupted) georkestreerd was nie! Dit is die dat jz net met ‘n bek vol “tanne” gesit het , en nie ‘n vinger verroer het nie. Stilswye is mos hoeka goedkeuring en aanvaarding! Wat anders kan jy verwag? Wit en swart kulture kan mos nie gesinkroniseer word nie!

Eben ·

Keith Khoza is jy doodseker dat belastinggeld nie gebruik is …. dood seker ou grote, met jou hand op jou voorvadergeeste se kaya? Natuurlik sal zuma niks doen want hy kan homself nie eers intoom hou …. maar glo my sy dag kom baie vinnig nader, te vinnig

Meisie ·

Dit is net nog `n voorbeeld dat jz nie in staat is om sy mense te beheer nie, wat nog van `n land regeer, dit sit spreekwoordelik ““ nie in sy broek nie““

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.