“Zille wou my werf vir die DA,” sê Vavi

Zwelinzima Vavi Foto: Sunday Times

Zwelinzima Vavi, hoof van die vakbondfederasie, Cosatu, beweer dat Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, hom “lastig geval” het om by haar party aan te sluit.

Die Sunday Times berig dat Zille glo by ʼn sokkerwedstryd vir Vavi gesê het: “Verbeel jou… ek en jy, die mag?” Vavi reken Zille is magsbehep en dat sy ʼn verwronge idee het as sy dink dat hy by die opposisie sou aansluit. “Sy het probeer om my, in persoon, oor te haal om by die DA aan te sluit voor die plaaslike verkiesings,” het Vavi gesê. Die twee sit intussen nie meer om dieselfde vuur nie, nadat Vavi Zille verbied het om ʼn e-tolprotesoptog by te woon en Zille wat beweer het dat Cosatu die werkloses faal. Vavi sê hy en die DA is soos “water en paraffien” en hy glo Zille vat hom nou op ʼn “persoonlike vlak” aan. Zille se woordvoerder, Pierre-Charl du Preez kon nie die bewerings staaf nie, maar het dit as “grappig” afgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.