Die stembusse in Zimbabwe het Woensdagoggend om 07:00 oopgemaak met sommige kiesers wat vir langer as vier ure in snerpende koue in rye begin staan het om hul kruisies te trek.
President Robert Mugabe gaan in die verkiesing poog om sy 33 jaar bewind te verleng. Daar is egter vrese dat die verkiesing nie vry en regverdig gaan wees nie.
Intussen het daar reeds klagtes by sommige van die 9 760 stempunte regoor die land ingekom dat daar probleme met die kiesersrol is, maar dié kiesers is verseker dat hulle sal kan stem as hulle ʼn strokie het. Die stempunte gaan tot 19:00 oop wees.
Altesaam 37 108 polisiebeamptes en militêre personeel het reeds tydens ʼn spesiale vroeë verkiesing gestem. Die uitslag van die verkiesing sal na verwagting oor vyf dae bekend gemaak word.
Mugabe het Dinsdag onderneem om uit te tree indien hy Woensdag die verkiesing verloor. Lees meer hier.
Dan sê hulle nou Mugabe se kanse is goed om weer te wen!!! Hoe de hel!!