Zim se sianied-stropers kry tronkstraf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Zimbabwiese hof het Woensdag drie stropers tot ten minste 15 jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle 81 olifante vir hul tande gestroop het deur die diere met sianied te vergiftig.

Diyane Tshuma (25) is tot 16 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy olifante in die Hwange Nasionale Park in die weste van Zimbabwe vergiftig het. Sy medebeskuldigdes Robert Maphose (42) en Thabani Zonda (24) is elk tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Die park se owerhede het die vonnisse verwelkom en gesê dit sal as ʼn afskrikmiddel vir voornemende stropers dien. Tshuma is verder aangesê om $600 000 aan die Zimbabwe Wildlife and Parks Authority te betaal omdat hy die diere afgemaai het en Zondo moet $200 000 teen die einde van die jaar betaal.

Lees ook:
Sianiedvergiftiging eis 81ste olifant in Zim
Olifant-vergiftiging in Zim vandag ondersoek
Sianied gebruik om olifante in Zim te stroop

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.