Waarnemers van die verkiesing in Zimbabwe het Donderdag gesê die geloofwaardigheid van die land se verkiesing word in twyfel getrek ná verskeie foute wat deur eerste minister Morgan Tsvangirai uitgewys is en lede van president Robert Mugabe se party wat Donderdag aangekondig het dat hy reeds die verkiesing gewen het.
“Die geloofwaardigheid van die verkiesing word in twyfel getrek,” het Solomon Zwana, voorsitter van Zimbabwe se verkiesingsondersteuningsnetwerk, gesê. “Tot soveel as ʼn miljoen kiesers se stemreg is ontneem.”
Intussen het Rugare Gumbo, woordvoerder vir Mugabe se Zanu-PF, gesê die party het die verkiesing gewen. “Daar sal definitief ʼn massiewe oorwinning wees vir die parlementêre, presidensiële en plaaslike verkiesings,” het hy gesê. Hy glo die verkiesing was “vry, regverdig en heeltemal geloofwaardig”.
Die polisie in Zimbabwe het Donderdag egter gewaarsku dat hulle enige persoon of groep in hegtenis sal neem wat uitslae van die verkiesing bekend maak wat nie amptelik uitgereik is nie. “Enigiemand wat die uitkoms van die verkiesing bekend maak voor die ZEC (die Verkiesingskommissie in Zimbabwe) dit amptelik doen, loop die risiko om in hegtenis geneem word,” het Charity Charamba, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.
Ja dit kon ons hulle ook vertel het dit gaan gebeur.
“Enigiemand wat die uitkoms van die verkiesing bekend maak voor die ZEC (die Verkiesingskommissie in Zimbabwe) dit amptelik doen, loop die risiko om in hegtenis geneem word,” het Charity Charamba, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.
Dit geld duidelik slegs vir opposisie…
Net twee woorde. Intimidasie en Korrupsie.