Zim-verkiesing was geloofwaardig, sê Afrika-Unie

President Robert Mugabe (middel) en sy vrou, Grace op 16 Julie 2013 Foto: voanews.com

Die Afrika-Unie het Vrydag gesê Zimbabwe se verkiesing was geloofwaardig en billik.

Die unie is egter glo bewus van klagtes oor probleme met die kiesersrol en dat sommige kiesers van stempunte weggewys is.

President Robert Mugabe se Zanu-PF blyk vol vertroue vir ‘n oorweldigende oorwinning, terwyl sy teenstander, die Movement for Democratic Change (MDC) wat deur die eersteminister Morgan Tsvangirai gelei word, aanvoer dat die “skynbare” stemproses die land in ʼn krisis gaan dompel.

“Ons is baie gelukkig vandag [Vrydag]. Ons is vol vertroue en opgewonde. Ons het ʼn gevoel van oorwinning,” het Rugare Gubo, woordvoerder van die ZANU-PF, gesê. Hy het gesê die party verwag om tussen 130 en 140 plekke van die 210 plekke in die parlement te bekom.

Mugabe se party het daarin geslaag om beheer te kry oor sommige plattelandse kiesafdelings wat voorheen deur die MDC oorheers is.

Plaaslike verkiesingswaarnemers het gesê daar was veral ernstige probleme met die kiesersrol, veral in plattelandse gebiede, waar die MDC gewoonlik oorheers het. Tsvangirai het die verkiesing “ongeldig en nietig” verklaar weens beweringe van konkelry met stemme. Hy het Vrydag gesê Mugabe gaan hom waarskynlik met 75% presidensiële stemme wen.

Die Zimbabwiese verkiesingskommissie (ZEC) en die Zanu-PF hou egter vol die verkiesing was “vry en regverdig”.

Die finale uitslag van Woensdag se verkiesing sal na verwagting Maandag amptelik bekend gemaak word.

– SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stoere Boer ·

“Die Afrika-Unie het Vrydag gesê Zimbabwe se verkiesing was geloofwaardig en billik.” Hoe dom moet jy wees om dit te glo. Nêrens in Afrika is verkiesings omtrent meer regverdig nie. Die geweer se loop praat gewoonlik die hardste en as ‘n soldaat met ‘n geweer oor my skouer loer sal ek dalk ook vir sy party stem al wil ek nie.

Nog 'n Stoere Boer ·

Net so geloofwaardig soos die stelling in die opskrif! Ha-ha-ha!

Ignatius ·

Weereens ‘n klug, en die Afrika Unie glo sowaar dat dit vry en regverdig was. Myns insiens maak Mugabe en Kie. weer ‘n bespotting daarvan.Die ANC gaan seker ook weer bly wees dat Mugabe gewen het want dit is mos hul “Comrade”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.