Zimbabwe kan nie verkiesings bekostig nie

Zimbabwe kan nie bekostig om verkiesings volgende jaar te hou nie en versoek nou internasionale gemeenskappe om hulle finansieel te help.

“Die grootste uitdaging is om die referendum en verkiesings te finansier. Dit is duidelik dat ons hulpbronne nie genoeg gaan wees nie,” het Tendai Biti, minister van finansies in Zimbabwe, gesê. “Die internasionale gemeenskap moet ons nou help.”

Biti, van die Movement for Democratic Change (MDC)-party wat deur eerste minister Morgan Tsvangirai gelei word, sê diamantinkomste bereik steeds nie die staatskoffers nie. Intussen word daar beweer dat die weermag kontant na sy eie sakke en dié van president Robert Mugabe se ZanuPF-party laat vloei.

‘n Referendum oor ‘n nuwe grondwet moes dié jaar reeds plaasgevind het, maar dit het nooit gebeur nie. Daar moet ook algemene verkiesings in 2013 in Zimbabwe gehou word, wat ‘n moontlike einde sal bring tussen die sensitiewe koalisie-regering tussen MDC en ZanuPF wat in 2009 begin het.

Owerhede van buurlande het die twee partye in dié ooreenkoms gedwing nadat die verkiesings in 2008 deur geweld, hoofsaaklik gemik teen MDC-lede, gekenmerk is.

Indien die verkiesing weer onder die huidige wetgewing gehou word en ‘n nuwe grondwet nie deur middel van ‘n referendum tot stand gebring word nie, voer opposisiepartye aan dit sal die 88-jarige Mugabe se huidige magsgreep bevoordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.