Zimbabwe vul laksman vakature ná 7 jaar

Zimbabwe het na ʼn soektog van langer as sewe jaar ʼn laksman gekry maar geen van die 76 veroordeeldes wat wag dat hul doodsvonnisse voltrek word, is al tereggestel nie.

Zimbabwe sê laaste laksman, ’n Zambiër, het in 2005 bedank. Die land se staatsbeheerde koerant The Herald berig dat die nuwe laksman glo van Malawi afkomstig is. Zimbabwe se kommissaris van gevangenisdienste, Paradzai Zimondi, sê 76 van die land se 16 902 gevangenes wag op teregstelling. Zimondi sê niemand is in afgelope 12 jaar tereggestel nie. Hy sê een van die gevangenes wag al 14 jaar op die galgtou. Twee van die 76 veroordeeldes, wat wag dat hul doodsvonnisse voltrek word, is vroue. Hulle kan moontlik dié straf vryspring indien Zimbabwe vanjaar ʼn nuwe grondwet in ʼn referendum aanneem. Zimbabwe se konsep grondwet stel vroue en enigiemand onder 21 of bo 70 jaar oud vry van die doodstraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.