Zimbabwiër vat voertuig op motorskou

'n Zimbabwiër wat met 'n nuwe Ford Ranger tydens 'n motorskou weggery het, sal in Junie op 'n aanklag van diefstal in die hof verskyn. Foto: autocarinformation.com

ʼn Lid van ʼn klein opposisie splinterparty in Zimbabwe het glo met een van die nuutste voertuie weggery, wat onlangs op ʼn motorskou uitgestal is. Volgens staatsaanklaers sal die man in Junie op ʼn aanklag van diefstal in die hof verskyn.

Die polisie het Aaron Muzungu (38) in hegtenis geneem nadat hy meer as 1 300 kilometers met die nuwe Ford Ranger afgelê het. Muzungu het glo gesê hy wou graag die bakkie koop. Hy het in die voertuig gaan sit en die bakkie se sleutels in die aansluiter gekry.

Volgens die polisie was daar na bewering nie ʼn hoë vlak van sekuriteit by die skou nie. Verder was die Ford-agente glo besig met ʼn skemerkelkiepartytjie en het harde musiek gespeel toe die voorval plaasgevind het. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.