Zimbabwiërs gevang met olifanttand in Jhb

(Argieffoto)

Drie Zimbabwiërs is Dinsdag in hegtenis geneem ná hulle glo ʼn olifanttand in Johannesburg probeer verkoop het.

Die Valke se wildlewehandelspan en die nasionale intervensie-eenheid van Pretoria het die drie mans in Bramley vasgetrek terwyl hulle glo op soek was na ʼn koper.

Die verdagtes wou na bewering die tand vir R400 000 verkoop.

Die drie mans het Donderdag vlugtig in die Wynberg-landdroshof in Bramley verskyn op aanklag van die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit (Nemba).

Hulle saak is tot 14 Augustus uitgestel sodat hul immigrasiestatus bevestig en regsverteenwoordigers vir hulle aangestel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

christo ·

Ook maar lekker stupid nè. Plaas hulle dit in Mosambiek probeer smous het, want dáár is stroping en smokkel van bedreigde spesies nie onwettig nie. Ongelukkig gaan hulle binne 48 uur uit wees op borg en dan net verdwyn. Daar is soveel onwettige Zimbabwiërs in SA dat húlle maklik die land weer verlaat deur een van hulle vele smokkelroetes .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.