Zimbabwiese ambassadeur vra in Australië asiel

Foto: Nehanda Radio

Foto: Nehanda Radio

Jacqueline Zwambila, Zimbabwe se ambassadeur in Australië, het Saterdag, vier dae voor haar terugkeer na Zimbabwe na haar termyn sou verstryk, asiel in Australië gevra, aldus Associated News Press.

Zwambila sou Dinsdag na Zimbabwe terugkeer, en die Zimbabwiese regering het reeds haar vliegtuigkaartjie voorsien. Sy is ‘n ondersteuner van die MDC-opposisie, en het gesê sy vrees dat sy by haar aankoms in Zimbabwe in hegtenis geneem sal word. Sy het die regering van pres. Robert Mugabe as onregmatig beskryf, en Mugabe van ‘n gekonkel met die verkiesing beskuldig, asook dat hy sedertdien ‘n verskerpe viktimisasiebeleid teen die MDC-ondersteuners volg. Sy is nie weer ontplooi na haar termyn verstryk nie.

Enkele van haar gesinslede wat by haar is hoop om ook te baat by haar aansoek om asiel.

Zwambila het twee weke gelede ‘n diploma in internasionale betrekkinge van die Australian National University verwerf.
Australië was een van die eerste lande wat na afloop van die Zimbabwiese verkiesing vroeër vanjaar gevra het dat die verkiesing weens duidelike wanpraktyke oor gehou moet word.

Bronne: Nehanda Radio, Trouw, Reuters, AFP, Camberra Times en AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

william ·

Die wereld sal nie n vinger verroer om hierdie wrede diktator ,Mugabe tot verantwoordelikheid te bring nie. Al wat hulle op die brein het is “apartheid”

Eksenet ·

Ek stem William, hoe gouer hy uit gesorteer word, hoe gouer sal Zim dalk weer reg kom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.