Zimbabwiese dokters se staking duur voort

Peter Magombeyi (Foto: ANA)

Zimbabwiese dokters van die Mpilo- en United Bulawayo-hospitale het Dinsdag steeds nie teruggekeer werk toe nie na aanleiding van die vermeende ontvoering van dr. Peter Magombeyi gedurende die naweek.

Maroela Media het vroeër berig dat Magombeyi vermoedelik deur die staat se veiligheidsmagte ontvoer is te midde van stakings rakende beter lone, toerusting en medikasie in staatshospitale, aldus die Zimbabwe Hospital Doctor’s Association (ZHDA).

Die staking sou voortduur tot Magombeyi vrygelaat is en die dokters ʼn voldoende salaris ontvang, het die vereniging gesê.

Oor burgers se bekommernisse dat die dokters selfsugtig en nalatig optree en weerlose pasiënte se lewe in gevaar plaas, het ZHDA se sekretaris-generaal, Mthabisi Anele Bhebhe, gesê dat die “mense in elk geval doodgaan,” of die dokters opdaag al dan nie.

Bhebhe het aan stakers gesê die staking sal voortgaan as daar geen salarisverhogings aan die dokters gegee word nie, aangesien die regering dit onmoontlik maak vir dokters om aan te meld vir “ondankbare werk”. Dokters in dié land verdien sowat R3 000 (200 Amerikaanse dollar) per maand.

Hy het ook beweer dat tot 23 Zimbabwiese burgers tans in aanhouding is vir vermeende ondermyning van die staat en dat nie net dokters geteiken word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bea Uys ·

My hart gaan uit na die mense. En dan is daar nog mense soos Malema wat dink Zimbawe is ‘n voorbeeld van vooruitgaan. Regtig!

Francois ·

Dis die vryheidsvegter comrade Mugabe se nalatenskap. Dis wat Afrika soek net solank almal niks het nie.

Henry ·

Presies, indien jy nie privaat medies het nie is dit SA se voorland. Die eed wat die donker Dr’s afle beteken vir hulle niks. hulle voel n veer vir siek mense…

Domvraag ·

Dis Mugabe se nalatenskap. n Bankrot land van armoede, hongersnood en helfte van die bevolking in SA.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.