Zina Rotherham se vermeende aanvaller gesoek

Paul Rotherham, ʼn omroeper by Jacaranda FM, se vrou, Zina, is Saterdag uit die hospitaal ontslaan nadat sy Woensdag twee keer tydens ʼn kapingspoging geskiet is.

Zina is geskiet kort nadat sy ʼn vriend by die Marlboro Gautrein-stasie in Sandton, Johannesburg, afgelaai het. Die voorval het naby die stasie in Alexandra plaasgevind. Zina is in haar hand en maag geskiet.

Paul skryf op sy Facebook hulle beskou die feit dat sy lewe as ʼn wonderwerk. “Ons vier dat sy steeds lewe, want weet dat verskeie mense wat in soortgelyke situasies was, hul lewens verloor het. As haar man doen ek alles in my vermoë om seker te maak die barbaar wat haar geskiet het word aangekeer. Die afgelope week was daar vier aanvalle in die omgewing waar Zina geskiet is – van die voorvalle was noodlottig,” het hy geskryf.

Intussen het Paul ʼn identikit van die man, wat Zina saam die polisie opgestel het, begin versprei. Hulle vra dat enigiemand met inligting oor die voorval, of wat dit sien gebeur het, met die polisie in verbinding sal tree. Die voorval het omstreeks 17:25 in Londonweg in Alexandra plaasgevind. Dit was ʼn paar meter van die Engen-vulstasie.

Paul sê hulle loof ʼn beloning uit vir inligting wat tot die inhegtenisname en skuldigbevinding van die man kan lei. Mense met meer inligting kan konstabel Seila Malaka by 083 529 2309 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.