Zirk Bergh-skietery: Vierde slagoffer sterf

Zirk Bergh

Zirk Bergh

Nicolette du Randt, een van die sanger Zirk Bergh se slagoffers, is Maandagaand in die Garden City-kliniek in Johannesburg oorlede. Nicolette was Bergh se eksvrou.

Endriëtte Barnard, die prokureur wat na Bergh en Nicolette se dogter se belange omsien, het aan Maroela Media gesê die drie kinders, wat nou ná die tragedie wees gelaat is, in veilige sorg by famile. Zirk en Nicolette het saam een dogter gehad. Nicolette en haar nuwe man, dr. Charl du Rand, het saam twee dogters gehad.

Bergh het Saterdag voor die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se kantoor in Potchefstroom ʼn maatskaplike werker, Deon Kondos (23), en Du Randt (34) doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het.

“Bergh het ʼn afspraak gehad om sy agtjarige dogtertjie Saterdagoggend by Kondos se kantoor by die SAVF te ontmoet,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. Toe Nicolette, Du Randt en die dogtertjie omstreeks 08:00 opdaag, het Bergh ʼn vuurwapen te voorskyn gebring.

Kondos en Bergh is op die toneel dood. Du Randt het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Lees ook:
Bergh het selfmoordbrief agter gelaat
Sanger skiet drie, pleeg selfmoord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Melani ·

Dis so jammer dat daar nou 3 klein kindertjies moet wees groot word oor een volwasse se siek selfsugtige haatlike dade. Ek wil nie oordeel nie, maar mag hy in die hel brand.

Henko ·

Melani, ek ken nie die man nie, nog nooit van sy musiek gehoor nie, maar ek verstaan eerlikwaar nie hoekom hy onskuldige mense vermoor het nie. Daar is baie mense in sulke omstandighede, maar moord en selfmoord is verseker nie die uitweg nie.

Maxi ·

Melanie, mag daai gevoelose selfgesentreerde, vrou in die hel brand, sy is die direkte oorsaak dat Zirk se kop uitgehaak het, en geen mens het beheer oor hom self as sy kop so uithaak nie. Hy is tot die uiterste getreiter, so moet liewer nie kommentaar lewer as jy nie weet wat aan gegaan het nie. Jy weet niks.

Alan ·

Te oordeel aan jou opinie mag ons dan ook geen kommentaar lewer as mense om ander redes vermoor word nie – byvoorbeeld, die man wat roof en moor omdat hy in armoede grootgeword het, geen opleiding het en geen kans om werk te kry nie. Laat hom moor, want hy het geen beheer oor die feit dat hy deur die toestande in Suid Afrika gedryf is om arm te wees nie. Geen tronkstraf nie, want dis nie sy skuld nie.Die man wat gedryf word deur sy biologiese drange kan gerus voortgaan en vroue of kinders verkrag, want hy het geen beheer oor sy drange nie. Die man wat jaloers is op die feit dat sy gewese vrou n nuwe man in haar lewe het verloor selfbeheersing en skiet haar dood. geen oordeel en geen tronkstraf nie want hy was gedryf daartoe deur sy onvermoe om sy emosies te verwerk. snaks genoeg word daar nie in die Bybel melding gemaak van uitsonderlike gevalle nie – net eenvoudig – jy mag nie doodmaak nie.

Melani ·

Maxi, ons almal kan nou maklik klippe gooi, maar geen mens het die reg om iemand anders se lewe te vat oor jy nie met jou omstandighede kan saamleef nie. Die bietjie wat ek van Zirk weet is nie genoeg om te kan sê sy kop het geraas nie, maar iets was verseker nie pluis nie, geen ma sal haar kind onnodig van ‘n stabiele pa af wil weg hou nie.

Gert ·

Maxi, duidelik weet jy nie waarvan jy praat nie. Is jy al deur ‘n egskeiding waarby kinders betrokke is? Dit lyk nie so nie. Moenie Groot Regter probeer wees nie want dit is duidelik met jou insig gaan jy nie ver kom nie. Kom ons bid eerder vir daardie drie kindertjies wat nou wees is en ook vir die persone wat hulle oor hulle ontferm.

amelia ·

Ek het al gesien hoe die ma of pa kinders van mekaar af weg hou sonder werklike rede Sommige ouers gebruik kinders om ander ouer mee af te pers As jy nie maak soos ek se nie sien jy nie kind nie Dit wat hy gedoen het was nie reg nie En die howe van vandag plaas nie altyd die kind by ouer wat in belang van kind optree nie Somige ouers lieg so in hof en kinders ly maar net daar onder Miskien moet albei ouers toesig oor kinders kry en nie slegs een ouer nie En as een van die ouers weier dat ander een kind sien moet daardie ouer vir rukkie nie kind sien nie

Martin ·

Maxi,, lees gerus Allen se kommentaar en besluit dan of dit nog reg is dat hy mense gaan doodskiet. As hy regtig so erg was oor sy dogtertjie, sou hy net homself geskiet het en haar nie wees agtergelaat het nie. Sy kop het dus nie so erg uitgehaak om te verhoed dat hy eers sy wraakplanne uitgevoer het nie. Hy het die kind waarvoor hy so lief is, deur geweldige emosionele trauma gesit wat sy vir die res van haar lewe gaan onthou. Sy gaan nooit weer dieselfde wees nie. Wat jou kritiek oor die ma betref, dra nie gronde nie. Die wereld is vol geskeide mense waar die ander party weer hertrou het. As dit vir jou genoegsame rede is om mense dood te maak, sal die wereldbevolking aansienlik kleiner wees. En as die ma hom so “getreiter” het soos jy beweer, kan mens nou verstaan hoekom sy dit gedoen het. Die welsyn en prokureurs raak nie sommer ligtelik betrokke indien daar nie genoegsame gronde is nie. Sy het betyds opgedaag vir haar afspraak en volgens rekords het sy hom glad nie weerhou daarvan om die dogtertjie te sien nie. Hoekom skiet hy die welsynwerker? Dis ‘n jong man in die fleur van sy lewe wie se ouers nou verpletter is deur sy dood. Die vraag is weer. Hoekom was daar sulke streng besoekregte!

Sonja ·

Die was iets wat die mense in Potch geruk het…. Ek oordeel hom nie maar om ander mense se lewens te neem wie het hom die reg gegee??? Hy moes sy kind net onder die toesig van Deon sien, en geen hof sal so bevel gee as daar nie grondelike redes was nie…. Nou na wat hy gedoen het gaan hy sy kind nooit weer sien nie en word 3 dogtertjies wees groot. Een is nog so klein sy gaan niks eers van haar mamma of pappa onthou nie…. En sy eie kind van 8 om te hoor hoe skiet hy buite als en almal… Ag nee man dink hoe moet daardie meisie voel…. In my oë is hy ‘n vark wat aan niks en niemand anders gedink het nie….

melani ·

Ek stem met jou saam Sonja, ‘n dier doen nie so iets nie so moenie die vark beledig nie. So daad is onaanvaarbaar. Voor die hof ‘n beslissing sal maak dat die kind slegs onder toesig gesien mag word, is daar baie maatskaplike werkers en gesinsadvokate betrokke. Net die feit dat hy die daad gepleeg het, is vir my ‘n bewys dat hy hulle reeds gedreig het dis die rede hoekom die hof so beslissing gemaak het.

Annemaré ·

Hierdie is tipiese voorbeeld van mammas wat kinders weghou van hul pa’s. Dit was ‘n agt jare geveg net vir Zirk om sy kind te sien. Hy was eksentriek ja, hy was die Weskusklong, na aan die natuur, maar hy was baie lief vir sy kind. Hy het met rede in karavaan gebly, dit was wat hy wou he, maak dit hom slegte pa? Het die kind nie se gehad of sy by haar pappa wil wees nie. Hoekom haar nie gun vir hom op sy tye nie. Liefde is baie belangriker as geld. Solank sy versorg was en liefde gekry het by hom, wat meer is nodig? Ja sy kop het uitgehak, en ja dit is tragies veral vir die wat agterbly, maar dit kon verhoed gewees het. Baie ma’s gebruik kinders om pa te “Spite” wat baie sad is. Ek hoop regtig die storie laat die reg en baie in dieselfde posisie baie dink.

Anon ·

Die van julle wat hom so goed geken het, en se sy kop het uithaak, hoekom het julle hom nie reg gehelp nie????? Dis presies die rede hoekom sy kind nie na hom toe gegaan het nie, want sy kop haak uit. Ons oordeel nie, ons oordeel sy daad. Ek ken ook nie sy musiek nie maar glo my dink nie ek het baie gemis nie. Hou op om vir die man op te kom. Hy was verkeerd!!!!!!!!

Amanda ·

Anon, beter kon jy dit nie gestel het nie. Enige iemand met die nodige kennis en agtergrond sal besef dit is wat aan die gang was.

Dave ·

Anoniem, as jy die mense ( pa en dogter) geken het, hkm meld jy haar naam? Sy verdien nou om beskerm te word, nie blootgestel te word aan die wereld nie. Ek het nie vir Zirk geken nie, en stel ook nie belang in mooi woorde oor hom nie. Hy het sy dogter se ma en ander voor haar terg gestel. So n’ mense gaan geen verlossing voor God ontvang nie! En ja, ek oordeel, want ek ken die ma en kinders, en kan sien hoe seer die mense is. As jy dan n’ vriend was, hkm het jy nie vir hom ondersteun en bygestaan nie?

Frik ·

Sy was 26 en Zirk 55 die kind 8. As jy die somme maak dan sien jy dis is a resep vir a gemors. Die meisie was 18 toe sy die kind saam Zirk gehad het en hy was 47. Watse tipe 47 jare man hang uit met 18 jarige meisies. En waste tipe meisie hang uit met 47 jarige man…Wat ‘n siek siek samelewing is ons nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.