Zuma aanvaar Openbare Beskermer se verslag oor polisie-geboue

President Jacob Zuma het die Openbare Beskermer se bevindinge oor die huur van twee geboue vir die polisie, aanvaar.

Volgens ʼn berig in die Sunday Tribune het Zuma in ʼn brief aan Thuli Madonsela bevestig dat hy regstellende stappe sal neem in die verband. Madonsela het in reaksie hierop gesê sy verwag dat die parlement ʼn oorsig rol sal speel indien geen aksie geneem word nie. Sy het die departement van openbare werke en Suid-Afrikaanse polisiediens 30 dae gegee om ʼn plan van aksie in te dien en 60 dae om dit te implementeer. Madonsela het vroeër bevind dat daar ongerymdhede was met die huurooreenkomste vir nuwe polisiehoofkwartiere in Pretoria en Durban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.